Konfetti is 'n 98 minuut lange Afrikaanse drama/romantiese komedie wat in 2014 vrygestel is. Die film is deur Zaheer Bhyat geregisseer met 'n draaiboek deur Louw Venter, vervaardig deur Light and Dark Films (Zaheer Goodman- Bhyat) en versprei deur M-Net.
Sinopsis
Jean en Sherryl staan op trou, maar hul gemengde Afrikaanse en Joodse agtergronde skep spanning tussen die families. Lukas, die strooijonker, het weens 'n dranklus vergeet om die musiekgroep te bespreek. In sy desperaatheid bespreek hy die eerste sanger wat beskikbaar is. Bianca, die bruid se aartsvyand, dreig om Sherryl se droomtroue in 'n emosionele deurmekaarspul te omskep. Lukas moet vir die eerste keer in sy lewe sake in orde kry en die perfekte troue vir sy twee beste vriende reël, maar hy kan nie eers die ring vind nie.
Rolverdeling
Die rolverdeling is Louw Venter (as Lukas Basson), Nico Panagiotopoulus (as Jean Vorster), Casey B. Dolan (as Sherryl Lieberman), Kim Engelbrecht (as Bianca Beekman), Casper de Vries (as Barry White), Christel van den Bergh (as Christine Botha), Jana Strydom (as Martine Voster), Hanna Grobler (Monique Voster), Melissa Haiden (Sonia), Adrienne Pierce, Paul Ditchfield, en David Sherwood.
Verwysings