Kampus is 'n 85 minuut lange Afrikaanse liefdesdrama wat in 1987 vrygestel is. Die film is deur Etienne Puren geregisseer met 'n draaiboek deur Franz Marx, vervaardig deur Franz Marx Films en versprei deur Flip Bezuidenhout Produksies/Nu Metro.

Sinopsis

Will Schoeman (Anton Schmidt) keer terug na sy ou alma mater om sy eregraad te ontvang en hervat sy liefdesverhouding met Heila (Sulette Minnaar). Die tye het egter verander: Will is besig om te skei en moet na sy 18-maande-oue baba omsien, terwyl Heila saam met Howard (Glen Bosman) woon en sy kind verwag. Mnr. Koeleman (Eckard Rabe) pleeg plagiaat deur Will se tesis onder sy eie naam in 'n wetenskaplike tydskrif te publiseer. Om sy outeursreg te bewys, moet Will sy oorspronklike tesisdokumentasie indien, maar dan ontdek hy dat sy gewese vrou, Eliza (Liesl van den Bergh), sy geskrifte vernietig het.

Rolverdeling

Die rolverdeling is Anton Schmidt, Súlette Minnaar, Glen Bosman, Eckard Rabe, Liesl van den Bergh, Steve Hofmeyr, Wilna Snyman, Lizz Meiring, Gavin van den Bergh, Dulsie van den Bergh, Blanché Frölich, Andrew Wilson, Linda van Vuuren, Nick Prinsloo, Rina Nienaber, Nico Liebenberg, Jan Schutte, Tembsie Times, André Schwartz, Alida Theron, Sann de Lange, en Amor Tredoux.

Verwysings