Dirk Jacobus Willem "Dick" Nanninga (17 Januarie 1949 – 21 Julie 2015) was ’n Nederlandse sokkerspeler wat as ’n aanvaller gespeel het.

Nanninga het 15 wedstryde vir die Nederlandse nasionale sokkerspan gespeel en 6 doele aangeteken.. voetbalstats.nl In die eindstryd van die 1978 FIFA Wêreldbeker teen Argentinië in Buenos Aires het hy die gelykmakende doel in gewone tyd aangeteken, maar Argentinië het uiteindelik met 3–1 in ekstra tyd gewen.

Hy is Roda JC se topdoelskieter van alle tye met 107 doele in 225 wedstryde vir die klub van Kerkrade. Hy het ook ’n kort tydperk by die Hongkongse klub Seiko deurgebring, voordat sy loopbaan by MVV Maastricht afgesluit is.

Verwysings

Kategorie:Nederlandse sokkerspelers Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Sterftes in 2015