Die Lys van beste buitelandse boeke is 'n Nederlandse rangskikking van die beste buitelandse literêre werke. Dit is via 'n internetstemming gehou. Die verkiesing is georganiseer deur die Nederlandse Programma Stichting (NPS) en NRC Handelsblad. Die uitslag is in Maart 2008 bekendgemaak. Die lys is gebaseer op ongeveer 5000 stemme.

Van die kritiek wat gevolg het op die bekendmaking van die lys, was dat die wenner, In de ban van de ring, sy oorwinning grootliks te danke het aan die rolprentverwerking daarvan, eerder as die boek self. 'n Ander kritiekpunt hou verband met die relatief geringe aantal uitgebringde stemme, waarop die optrede van Uitgeverij De Geus 'n groot invloed uitgeoefen het, met die gevolg dat die werke van Marianne Fredriksson en Annie Proulx hoog op die lys beland het.

Die lys van 10 boeke J.R.R. Tolkien - In de ban van de ring Marianne Fredriksson - Anna, Hanna en Johanna Leo Tolstoi - Oorlog en vrede Gabriel García Márquez - Honderd jaar eenzaamheid Louis-Ferdinand Céline - Reis naar het einde van de nacht Jane Austen - Trots en vooroordeel Annie Proulx - Scheepsberichten George Orwell - 1984 Fjodor Dostojefski - De gebroeders Karamazov Umberto Eco - De naam van de roos

Verkiesing van beste boeke Rondom die millenniumwisseling is "verkiesings van die beste boeke" in verskeie lande gehou, soms deur deskundiges, soms deur die leserspubliek, soms van die twintigste eeu, en andere kere 'die beste ooit'.

Sien ook

Lys van die beste Nederlandstalige boeke, lys van beste literêre Nederlandstalige werke, gekies deur die leserspubliek Belangrikste boeke uit die wêreldliteratuur, Noorse lys van beste literêre werke, saamgestel deur vooraanstaande internasionale skrywers. Lys van belangrikste Duitstalige romans van die twintigste eeu, Duitse lys van beste Duitstalige literêre werke uit die 20ste eeu, saamgestel deur literatuurdeskundiges. Le Monde se 100 boeke van die eeu, Franse lys van beste literêre werke uit die 20ste eeu, saamgestel deur die publiek. Literêre kanon. Kanon van die Nederlandse letterkunde. Modern Library 100 Beste Romans, Amerikaanse lys van beste Engelstalige romans uit die 20ste eeu, saamgestel deur deskundiges

Eksterne skakels De lijst op Loket Aangepast Lezen

Kategorie:Letterkunde