Die belangrikste Duitstalige romans van die twintigste eeu (Die wichtigsten deutschsprachigen Romane des 20. Jahrhunderts) is 'n lys van boeke wat in 1999 op inisiatief van die Duitse kultuurinstituut Literaturhaus München en die uitgewery Bertelsmann saamgestel is. Robert Musil se Der Mann ohne Eigenschaften is as die belangrikste Duitstalige roman van die eeu gekies.

Seleksie In navolging van onder andere die Modern Library 100 Beste Romans, vra Literaturhaus München en Bertelsmann Buch AG in 1998 aan 33 skrywers, 33 literatuurkritici en 33 Germaniste om uit 'n voorseleksie van 267 boeke die drie gunsteling Duitstalige romans uit die twintigste eeu te kies. 89 van die 99 persone het aan die versoek voldoen. 76 boeke is in totaal benoem. Van Franz Kafka en Arno Schmidt is vyf verskillende titels benoem, van Robert Walser vier en van Thomas Mann, Hermann Broch, Anna Seghers en Joseph Roth, drie. Die boek wat die meeste kere benoem is, het eerste plek behaal.

Die top 10 Robert Musil - Der Mann ohne Eigenschaften (Afrikaans: Die man sonder eienskappe) (1930, 35 keer benoem) Franz Kafka - Der Prozess (Afrikaans: Die verhoor, Engels: The Trial) (1912, 32 keer benoem) Thomas Mann - Der Zauberberg (Afrikaans: Die Towerberg) (1924, 29 keer benoem) Alfred Döblin - Berlin Alexanderplatz (1929) Günter Grass - Die Blechtrommel (Afrikaans: Die bliktrom) (1959) Uwe Johnson - Jahrestage (1970-1983) Thomas Mann - Buddenbrooks (1901) Joseph Roth - Radetzkymarsch (Radetzkymars) (1932) Franz Kafka - Das Schloss (Afrikaans: Die kasteel of Die slot) (1926) Thomas Mann - Doktor Faustus (1947)

Ingeborg Bachmann met haar roman Malina het in die elfde plek geëindig en is die eerste vrou op die lys.

Sien ook Rondom die millennium het verskillende lande "verkiesings van die beste boeke" gehou, soms deur deskundiges, soms deur die leserspubliek, soms van die twintigste eeu, en andere kere 'die beste ooit'. Sien ook: Lys van die beste Nederlandstalige boeke, lys van die beste literêre Nederlandstalige werke, gekies deur die leserspubliek. Lys van die beste buitelandse boeke, Nederlandse lys van beste boeke, gekies deur die leserspubliek. Belangrikste boeke uit die wêreldliteratuur, Noorse lys van beste literêre werke, saamgestel deur vooraanstaande internasionale skrywers. Le Monde se 100 boeke van die eeu, Franse lys van beste literêre werke uit die 20ste eeu, saamgestel deur die publiek. Literê kanon. Kanon van die Nederlandse letterkunde. Modern Library 100 Beste Romans, Amerikaanse lys van die beste Engelstalige romans uit die 20ste eeu, saamgestel deur deskundiges

Bronnelys Musils "Mann ohne Eigenschaften" ist "wichtigster Roman des Jahrhunderts", Literaturhaus.at, Januarie 1999. Klassikerinventur oder Die Lust an der Liste, taz, 16 Januarie 1999. Sozialverträgliche Empörung, Tages-Anzeiger, 5 Februarie 1999. Duitstalige roman van de eeuw van Musil, Leeuwarder Courant (ANP), 18 Januarie 1999.

Kategorie:Letterkunde