Déjà vu (van die Frans vir "reeds gesien") is 'n verskynsel of gevoel dat 'n mens reeds in die verlede die huidige situasie beleef het. Dit is 'n illusie van die geheue waar, hoewel dit werklik voel, dit onmoontlik is om jou vinger te lê op die tyd, plek en inhoud van die "vorige" ondervinding."The Meaning of Déjà Vu", Eli Marcovitz, M.D. (1952). Psychoanalytic Quarterly, vol. 21, bl. 481–489The déjà vu experience, Alan S. Brown, Psychology Press, (2008), , Voorwoord, bl. 1 Sowat twee derdes van mense wat in 'n studie ondervra is, het gesê hulle het al die een of ander tyd déjà vu ervaar.

Die verskynsel is soms 'n simptoom wat sekere aanvalle, soos epilepsie, voorafgaan. Sommige navorsers verbind gereelde "patologiese" déjà vu met 'n senuwee- of geestesteuring. Die ervaring van déjà vu is al verbind met 'n hoër sosiaalekonomiese status, hoër opvoedingsvlakke en laer ouderdomme. Mens wat dikwels reis, rolprente kyk of droom is ook meer geneig as ander om dit te ervaar.

Geskiedenis thumb|180px|Émile Boirac. Die term is in 1876 die eerste keer deur die Franse filosoof Émile Boirac gebruik. Boirac se boek L'avenir des sciences psychiques ("Die toekoms van die psigiese wetenskappe") het die sensasie van déjà vu ingesluit. Hy het dit beskryf as 'n ophaling van herinneringe. "Dié eksperimente het daartoe gelei dat wetenskaplikes vermoed déjà vu is 'n verskynsel van die geheue. Ons ondervind 'n situasie wat soortgelyk aan 'n werklike voorval is, maar ons kan nie dié herinnering ten volle oproep nie."

Boirac het die publiek help verstaan wat déjà vu behels. Hy sê verder: "Ons brein herken die ooreenkomste tussen ons huidige ondervinding en een in die verlede… en dit laat ons met 'n gevoel van familiariteit wat ons nie heeltemal kan plaas nie."Scientific American, Stierwalt

Mediese steurings Déjà vu is al verbind met epilepsie van die temporale lob van die brein. Dié ondervinding is 'n neurologiese onreëlmatigheid wat verband hou met die epileptiese elektriese ontlading in die brein wat 'n sterk sensasie veroorsaak dat 'n huidige voorval al in die verlede plaasgevind het. Migraine met aura is ook al met déjà vu verbind.

Vroeë navorsers het probeer om 'n verband tussen déjà vu en geestesteurings soos angstigheid en skisofrenie te bepaal, maar kon nie daarin slaag nie. In 'n studie van 2008 is ook bevind déjà vu-ervarings is waarskynlik nie patologiese dissosiatiewe ondervindings nie.

Sommige navorsers ondersoek genetika vir 'n oorsaak van déjà vu, maar kon nog nie 'n geen vind wat daarmee verbind word nie. Sekere vorme van die geen LGI1 op chromosoom 10 word egter met ligte epilepsie verbind, en omdat déjà vu en jamais vu dikwels tydens toevalle ervaar word, het navorsers rede om 'n verband te vermoed.

Farmakologie Sekere kombinasies van medisyne vergroot die kans van déjà vu. Taiminen en Jääskeläinen (2001) het die geval van 'n andersins gesonde persoon ondersoek wat intense en herhaalde sensasies van déjà vu ervaar het nadat hy amantadien en fenilpropanolamien saam begin gebruik het vir griep. Tamminen en Jääskeläinen het gespekuleer dat déjà vu voorgekom het as gevolg van hiperdopaminergiese aksie in die temporale streke van die brein.

'n Soortgelyke gevallestudie deur Karla, Chancellor en Zeman (2007) het gedui op 'n verband tussen déjà vu en die serotonergiese stelsel nadat 'n vrou wat andersins gesond was, dieselfde simptome ervaar het nadat sy 'n kombinasie van 5-hidroksitriptofaan en karbidopa geneem het.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Verstandelike prosesse Kategorie:Sosiale wetenskappe Kategorie:Sielkunde