Franco Prinsloo (gebore 1987) is 'n Suid-Afrikaanse komponis en dirigent. Hy spesialiseer in korale en vokale komposisies en in musiek vir teater en dans. Hy is die stigter en dirigent van die Vox-kamerkoor en hy was van 2021 tot 2026 koordirigent by Akademia. Hy behaal 'n Fellowship in Music (FLCM) met onderskeiding aan die London College of Music.

Prinsloo komponeer in diverse style, waaronder koor, klassiek, hedendaags, kabaret, teater, pop en elektronika. Hy het aan teaterproduksies soos Maanmond (2009), Pygmalion (2011), A Clockwork Orange (2014), Kind(s) (2015) en Naledi – An African Journey (2016) gewerk. Sy koorwerk "Pula, Pula!" is in 2017 deur The King's Singers uitgevoer. Hy is ook aktief in die nuwe musiektoneel in Suid-Afrika, met komposisies vir ensembles soos The Paz Consort en The Horizons Project Choir. As dirigent lei hy die Vox-kamerkoor, wat hy in 2017 opgerig het. Die koor wen goue medaljes by internasionale kompetisies, soos die World Choir Games in 2018. Prinsloo ontvang in 2019 die Nedbank Act Impact-toekenning vir jong professionele en word in 2023 met 'n eremedalje vir kuns deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer. Sy werk vir die rolprent Wonderlus (2017) lewer hom 'n nominasie vir die Silwerskermfees-toekenning vir beste musiek op. In 2022 word sy oratorium "Kruis van liefde" vir twee Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (SAMAs) genomineer en in 2023 wen hy 'n SAMA vir die album Fire Beast. Tydens die grendeltyd van 2020 begin hy die projek Music for Isolated Musicians, waarby hy daagliks solostukke vir musici wêreldwyd komponeer. Hy werk ook saam met kunstenaars soos Sonya Rademeyer aan video-installasies en gemeenskapsprojekte. Sy musiek word internasionaal deur Helbling Verlag gepubliseer en is beskikbaar op platforms soos Spotify, Deezer en Apple Music.

Vroeë lewe en opvoeding Hy word groot in Middelburg, Mpumalanga en studeer musiek aan die Noordwes-Universiteit.

Diskografie Kamermusiek "Gesniet" vir twee tjello's, altviool, viool, alto saksofoon, klavier en tenoor gebaseer op poësie deur Alwyn Roux "Tenebris Ignis" vir soloviool en klavier "7 Intuitions and reincarnations" vir klavier en klassieke kitaar

Vokale musiek "Nocturnes" (W.E.G. Louw) vir sopraan en klavier "Noodluik" vir sopraan, tjello, harp en klarinet gebaseer op poësie deur Elisabeth Eybers "3 Nagliedjies" (W.E.G. Louw) vir bariton en klavier "2 Louw-liedjies" (W.E.G. Louw en N.P. van Wyk Louw) "Tragos" vir sopraan, tenoor, klavier en klassieke kitaar gebaseer op poësie deur Alwyn Roux "Maanmond songs" (Breyten Breytenbach)

Koraalmusiek "Two Elegies for a capella choir" "Walvisnota" (R. Bohenen) vir SATB-koor en klavier "Mag die bome groen bly" (Breyten Breytenbach) vir SATB-koor en klavier "Sterwelinge onder sterre" (W.E.G. Louw) vir SSAA-koordivisi en piano "Die sirkus" vir SATB-koor en klavier "Die middernagseties" vir SA-koor en klavier "Die rommelrestaurant" vir SSA-koor en klavier "Kom vannag in my drome" (N.P. van Wyk Louw) vir SATB-koor en klavier-vier-hande "Sonvanger" (verwerking van die oorspronklike liedjie van Valiant Swart; opgevoer en opgeneem deur die Akademia-universiteitskoor)

Drama "Maanmond" vir drie sangers en klavier gebaseer op poësie deur Breyten Breytenbach "Boegoe vannie liefde", musikale teaterproduksie gebaseer op poësie deur Hans du Plessis Musiek vir A Dolls House geregisseer deur Karina Lemmer Musiek vir A Clockwork Orange geregisseer deur Karina Lemmer Musiek vir Die ryke dwaas (tien klavierintuïsies), 'n poësiefilm "The Imaginary Song book of the Homunculus", 'n kabaret in twee tonele "Rymdwang en ander epiese gekkighede", twee-toneel-kabaret vir solis en jazz-trio

Ander komposisies Akademia-universiteitslied (teks deur Hans du Plessis; 2022)

Filmografie Rolprente Wonderlus (2017) Die dekonstruksie van Retta Blom (2025)

Televisierolprente Meisies wat fluit (2020) The Day We Didn't Meet (2021)

Televisiereekse Nêrens, Noord-Kaap (2021) Donkerbos (2022)

Bronne

Eksterne skakels

YouTube

Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van Noordwes-Universiteit Kategorie:Suid-Afrikaanse komponiste Kategorie:Afrikaners Kategorie:Mense van Akademia