duimnael Leopold Ružička (gebore Lavoslav Stjepan Ružička; 13 September 1887 – 26 September 1976) was 'n Kroaties-Switserse wetenskaplike en gesamentlike wenner van die 1939 Nobelprys vir Chemie "vir sy werk oor polimetilene en hoër terpene; insluitend die eerste chemiese sintese van manlike geslagshormone". Hy het die grootste deel van sy lewe in Switserland gewerk en agt doktorsgrade honoris causa in wetenskap, medisyne en regte ontvang; sewe pryse en medaljes; en vier-en-twintig erelidmaatskappe van chemiese, biochemiese en ander wetenskaplike verenigings.

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1887 Kategorie:Sterftes in 1976 Kategorie:Chemici Kategorie:Nobelprys vir Chemie wenners