Die Indiese nasionale vrouekrieketspan (Engels: India women’s national cricket team, afgekort India Women of India W; Hindi: भारतीय महिला क्रिकेट टीम), met die bynaam Women in Blue, is die nasionale vrouekrieketspan wat Indië in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI, van Engels: Board of Control for Cricket in India) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status.

Indië het in 1976 in sy eerste toetswedstryd teen Wes-Indië gespeel. Indië se beste prestasies tot dusver is een titel tydens vrouekrieketwêreldbekertoernooie (in 2025) en een T20I-vrouewêreldbekereindstryd (in 2020) asook sewe Asiatiese Vrouebekertitels (in 2004, 2005–06, 2006, 2008, 2012, 2016 en 2022). Indië is tans (Junie 2026) derde op die IKR-vroue-eendagranglys en derde op die Twintig20-vrouewêreldranglys. Drie voormalige Indiese spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Beheerliggaam

Die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) is in 1928 gestig en verantwoordelik vir die reël van krieket in Indië. Sedert 31 Mei 1926 is Indië ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en mag dus toetskrieket speel. Daarbenewens was die Indiese beheerliggaam in 1983 ’n stigtingslid van die Asiatiese Krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad).

Die Raad vir Beheer van Krieket in Indië bestuur al die Indië-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die BCCI verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Indiese span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Indië oor ’n o. 19-nasionale span wat aan die o. 19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis duimnael|links|Eindstryd van die T20I-vrouewêreldbeker 2020 tussen Australië en Indië duimnael|links|Die Indiese nasionale vrouekrieketspan word ná hul oorwinning tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 deur die eerste minister Narendra Modi ontvang Die georganiseerde vrouekrieket in Indië het in 1973 begin met die stigting van die Vrouekrieketvereniging van Indië (Women’s Cricket Association of India, WCAI) in Lucknow onder voorsitterskap van Begum Hamida Habibullah. Die beheerliggaam is in dieselfde jaar deur die Internasionale Vrouekrieketraad (International Women’s Cricket Council, IWCC) erken. In 1978 is die WCAI ook deur die Indiese regering erken. Aan die begin is in Indië toernooie tussen verskeie deelstaatspanne gereël. Kort daarna is ook toernooie tussen universiteitsvrouespanne en juniortoernooie beslis. Die eerste internasionale wedstryd is in 1975 teen die Australiese o/25-span beslis. In 1976 het die Indiërs hul eerste vrouetoetswedstryd teen Wes-Indië gewen. In 1995 het die span aan die eeufees van krieket in Nieu-Seeland deelgeneem en hul eerste EDI-reeks beklink. Die Indiese regering het enkele spelers se uitstaande prestasies met die Arjuna-toekenning bekroon, waaronder Shanta Rangaswamy (in 1976), Diana Edulji (in 1983), Shubhangi Kulkarni (in 1985) en Sandhya Agarwal (in 1986). Die span het aan die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 1978, 1982, 1993 en 1997 deelgeneem. Die 1978-toernooi is deur die WCAI aangebied en ook die 1997-toernooi is in Indië beslis.

Sedert die 2000’s kon die Indiërs hulleself as belangrike mededingers in internasionale vrouekrieket vestig. Die span het onder andere die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2005 en 2017 en die T20I-vrouewêreldbeker 2020 as naaswenners afgesluit. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 het die medegasheer Indië sy eerste vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm, nadat hulle in die eindstryd Suid-Afrika met 52 lopies verslaan het.

Spelers Bekende spelers duimnael|links|upright|Anjum Chopra (2009) Drie voormalige Indiese spelers is vir hul uitstekende prestasies in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem:

Speler Posisie Inskrywing Anjum Chopra Kolwer 2026 Neetu David Bouler 2024 Diana Edulji Veelsydig 2023

Spelerstatistieke Daar het altesaam 98 spelers toets-, 158 spelers EDI- en 94 spelers T20I-wedstryde vir Indië gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Indiese span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies Sandhya Agarwal 1984–1995 13 1 110 Mithali Raj 1999–2022 232 7 805 Smriti Mandhana 2013–hede 171 4 538 Shantha Rangaswamy 1976–1991 16 750 Smriti Mandhana 2013–hede 120 5 411 Harmanpreet Kaur 2009–hede 202 4 216 Shubhangi Kulkarni 1976–1991 19 700 Harmanpreet Kaur 2009–hede 164 4 541 Shafali Verma 2019–hede 111 2 901 Mithali Raj 2002–2021 12 699 Anjum Chopra 1995–2012 127 2 856 Jemimah Rodrigues 2018–hede 131 2 824 Smriti Mandhana 2014–hede 8 635 Deepti Sharma 2014–hede 124 2 771 Mithali Raj 2006–2019 89 2 364 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026

Paaltjies ToetsEDIT20I Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies Diana Edulji 1976–1991 20 63 Jhulan Goswami 2002–2022 204 255 Deepti Sharma 2016–hede 149 168 Shubhangi Kulkarni 1976–1991 19 60 Deepti Sharma 2014–hede 124 166 Radha Yadav 2018–hede 91 106 Jhulan Goswami 2002–2021 12 44 Neetu David 1995–2008 97 141 Poonam Yadav 2013–2022 72 98 Neetu David 1995–2006 10 41 Nooshin Al Khadeer 2002–2012 78 100 Renuka Singh 2021–hede 65 70 Shashi Gupta 1984–1991 13 25 Rajeshwari Gayakwad 2014–2022 64 99 Rajeshwari Gayakwad 2014–2023 58 61 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026

Spankapteins Tot op hede was twaalf spelers reeds die kaptein vir Indië tydens ’n toetswedstryd, 14 tydens ’n EDI en vyf tydens ’n T20I.Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein gespeel is.

Toets EDI T20I No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk 1 Shantha Rangaswamy 1976–1984 Diana Edulji 1978–1993 Mithali Raj 2006–2016 2 Diana Edulji 1985–1986 Shantha Rangaswamy 1982–1984 Jhulan Goswami 2008–2015 3 Nilima Jogalekar 1985 Shubhangi Kulkarni 1986 Anjum Chopra 2012 4 Shubhangi Kulkarni 1986–1991 Purnima Rau 1995 Harmanpreet Kaur 2012–hede 5 Sandhya Agarwal 1991 Pramila Bhatt 1995–1997 Smriti Mandhana 2019–2025 6 Purnima Rau 1995 Chanderkanta Kaul 1999 7 Pramila Bhatt 1995 Anju Jain 2000 8 Chanderkanta Kaul 1999 Anjum Chopra 2002–2012 9 Anjum Chopra 2002 Mamatha Maben 2003–2004 10 Mamatha Maben 2003 Mithali Raj 2004–2022 11 Mithali Raj 2005–2021 Jhulan Goswami 2008–2011 12 Harmanpreet Kaur 2023–hede Rumeli Dhar 2008 13 Harmanpreet Kaur 2013–hede 14 Smriti Mandhana 2019–2026

Rekords Toetsrekord teen ander lande Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning 12 1 5 0 6 8,33 24 Desember 2023 15 3 1 0 11 20,00 1 September 2006 6 0 0 0 6 0,00 – 3 3 0 0 0 100,00 22 Maart 2002 6 1 1 0 4 16,67 19 November 1976 Algeheel 42 8 7 0 27 19,05 19 November 1976 Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 29 Junie 2026.

EDI-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 64 12 52 0 0 18,75 16 Februarie 1995 9 6 1 1 1 66,67 8 April 2013 80 36 42 0 2 45,00 20 Januarie 1982 15 15 0 0 0 100,00 26 Julie 1993 58 23 34 1 0 39,66 21 Februarie 1985 12 12 0 0 0 100,00 30 Desember 2005 36 32 3 0 1 88,89 15 Desember 2000 35 21 13 0 1 60,00 22 Desember 1997 29 24 5 0 0 82,75 20 Julie 1993 t. Assosiaatlede 1 1 0 0 0 100,00 29 Julie 1993 Internasionale XI 3 3 0 0 0 100,00 17 Januarie 1982 3 3 0 0 0 100,00 24 Julie 1993 Algeheel 345 188 150 2 5 54,49 17 Januarie 1982 Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 29 Junie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Vrouekrieketwêreldbekerrekord JaarUitslag1973 Nie deelgeneem nie1978 Vierde plek1982 Vierde plek1988 Nie deelgeneem nie1993 Vierde plek1997 Halfeindrondte2000 Halfeindrondte2005 Naaswenner2009 Derde plek2013 Sewende plek2017 Naaswenner2022 Vyfde plek2025 Kampioen2029

T20I-rekord teen ander lande Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning t. Volle lede 39 9 28 1 1 23,08 23 Maart 2012 24 21 3 0 0 87,50 2 April 2013 38 12 26 0 0 31,58 5 Augustus 2006 2 2 0 0 0 100,00 15 November 2018 14 4 10 0 0 28,57 27 Junie 2011 17 14 3 0 0 82,35 13 Junie 2009 31 25 5 0 1 80,65 15 Junie 2009 25 11 11 0 3 44,00 30 November 2014 24 15 9 0 0 62,50 22 Januarie 2011 t. Assosiaatlede 1 1 0 0 0 100,00 3 Augustus 2022 3 2 0 0 1 66,67 3 Junie 2018 1 1 0 0 0 100,00 17 Junie 2026 1 1 0 0 0 100,00 23 Julie 2024 3 3 0 0 0 100,00 4 Junie 2018 2 2 0 0 0 100,00 4 Oktober 2022 Algeheel 225 123 95 1 6 54,67 5 Augustus 2006 Rekords volledig tot en met T20I #2907 op 28 Junie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-vrouewêreldbekerrekord JaarUitslag2009 Halfeindrondte2010 Halfeindrondte2012 Groepfase2014 Groepfase2016 Groepfase2018 Halfeindrondte2020 Naaswenner2023 Halfeindrondte2024 Groepfase2026 Groepfase2028 gekwalifiseer

Asiatiese Vrouebekerrekord JaarUitslag2004 Kampioen2005–06 Kampioen2006 Kampioen2008 Kampioen2012 Kampioen2016 Kampioen2018 Naaswenner2022 Kampioen2024 Naaswenner

Statebondspele JaarUitslag2024 Silwermedalje

Asiatiese Spelerekord JaarUitslag2010 Nie deelgeneem nie2014 Nie deelgeneem nie2022 Kampioen

Sien ook

Indiese nasionale krieketspan

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Raad vir Beheer van Krieket Indië-vroue op ESPNcricinfo Indië by die IKR

Kategorie:Krieket in Indië Kategorie:Nasionale vrouekrieketspanne