Stefan van Zyl (gebore 1987) is 'n letterkundige, taalpraktisyn en aangewese hoof- operasionele beampte van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK). Hy was voorheen verbonde aan die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as taalpraktisyn.
Van Zyl is gebore en het grootgeword in Kuruman. Hy is die oudste van vier kinders en was in Laerskool Kuruman en Hoërskool Kalahari waar hy in 2006 gematrikuleer het.
Ná skool het Van Zyl aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus gestudeer waar hy die grade B.A. in Kommunikasievakke (2009), B.A. Honneurs in Afrikaans en Nederlands (2010), B.A. Honneurs in Psigologie (2013), M.A. in Afrikaans en Nederlands (2014) en Nederlands en PhD in Afrikaans en Nederlands (2019) behaal. Hy doseer Afrikaans en Nederlandse letterkunde aan die Noordwes-Universiteit se Vaalkampus, Kunsgeskiedenis en Akademiese Geletterdheid aan die Potchefstroomkampus en Psigologie aan die Hugenote-kollege.
Van Zyl is tans navorsingsgenoot verbonde aan die Nelson Mandela-universiteit en ook webmeester van die webwerf vir Afrikaanse digkuns Versindaba.
Verwysings
Eksterne skakels Stefan van Zyl op LitNet
Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Akademiese personeel van Noordwes-Universiteit Kategorie:Alumni van Noordwes-Universiteit