Agathosma involucrata is 'n klein tot groot struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die Olifantsriviervallei voor. Die plant is laas in 1984 gesien toe dit amper as uitgestorwe beskou was, slegs ses plante is gevind na twee dae se soek. Die plante was tussen twee geploegde lande gevind en is onderhewig aan oorbeweiding. Die spesie word tans as moontlik uitgestorwe beskou. Die plant is deel van die fynbos.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

involucrata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika