Allan Rodenkam Simonsen (gebore 15 Desember 1952) is 'n Deense voormalige sokkerspeler en afrigter. Hy het veral as 'n doelskieter (aanvaller) vir die Duitse Bundesliga-klub Borussia Mönchengladbach gespeel, waar hy die UEFA-bekers in 1975 en 1979 gewen het, asook vir Barcelona in Spanje, waar hy die Bekerwenner-beker in 1982 gewen het. Simonsen is die enigste sokkerspeler wat in die eindstryde van die Europese Beker, UEFA-beker, en Bekerwenner-beker aangeteken het. Hy is in 1977 aangewys as Europese Sokkerspeler van die Jaar.

Vir die Deense nasionale span is Simonsen 55 keer gekies en het hy 20 doele aangeteken. Hy het Denemarke verteenwoordig by die 1972 Olimpiese Spele, die 1984 Europese Kampioenskap en die 1986 Wêreldbeker-toernooi.

Verwysings

Kategorie:Deense sokkerspelers Kategorie:Sokkerafrigters Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Lewende mense