Reza Pahlavi (Persies: رضا پهلوی; gebore 31 Oktober 1960) is 'n Iranse opposisieleier en 'n voorstander van 'n liberale demokrasie in Iran. Hy is lid van die Pahlavi-dinastie as oudste seun van Mohammad Reza Pahlavi, die laaste sjah van Iran, en Farah Diba.
Reza Pahlavi is die stigter en leier van die Nasionale Raad van Iran, 'n verbanne Iranse opposisiegroep. Hy is ook 'n voorstander van 'n vrye referendum in Iran om die aard van die toekomstige regering te bepaal.
Hy het in 1967 amptelik die kroonprins van Iran geword. Hy is 'n vegtervlieënier wat in die VSA opgelei is en het sy dienste aangebied tydens die Irans-Irakse Oorlog, maar die Iranse regering het dit van die hand gewys. Pahlavi is 'n deelnemer aan die Iranse demokratiewe beweging en 'n prominente kritikus van die land se regering. Hy het verskeie kere 'n beroep gedoen vir die verwydering van die Islamitiese Republiek en vir proteste teen die regering.
Pahlavi het gepleit dat Iran 'n bondgenoot van die Weste en die Europese Unie word. Volgens The Daily Telegraph geniet hy erkenning binne en buite Iran. Die dinkskrum die Atlantiese Raad meen hy is 'n verenigende figuur van die Iranse opposisie.
In Februarie 2025 is Pahlavi deur verskeie faksies van die Iranse opposie gekies as leier van die opposisie en van die toekomstige oorgangsregering "tot met die vorming van 'n demokratiese regering deur 'n vrye verkiesing".
Vroeë lewe en opvoeding thumb|links|180px|Reza Pahlavi in 1973. Reza Pahlavi is in Teheran gebore as die oudste seun van Mohammad Reza Pahlavi, die sjah van Iran, en sy vrou, Farah Diba. Pahlavi se broers en susters sluit in sy suster Farahnaz, broer Ali, en suster Leila, asook ’n halfsuster, Shahnaz.
thumb|300px|Seremonie in 1971 om die 2 500ste bestaansjaar van die Persiese Ryk te gedenk. Die kroonprins (10) staan heel regs, langs sy ouers. Hy het studeer aan die Reza Pahlavi-skool, ’n privaat skool in die koninklike paleis. Hy is as vlieënier opgelei; sy eerste solovlug was op 11-jarige ouderdom, en hy het ’n jaar later sy vlieglisensie gekry. As kadet van die Iranse lugmag is hy in Augustus 1978 na die Verenigde State gestuur om sy vlieëniersopleiding voort te sit. Vanweë die Iranse Rewolusie het hy die basis in Maart 1979 verlaat, ongeveer vier maande vroeër as beplan.
Pahlavi het in September 1979 aan Williams-kollege begin studeer, maar het in 1980 uitgesak. Hy het daarna as student in politieke wetenskap aan die Amerikaanse Universiteit in Kaïro ingeskryf, maar sy bywoning was onreëlmatig. In 1981 is berig dat hy uit die program gesak het en sy studies privaat voortgesit het met Iranse professore, met ’n fokus op Persiese kultuur en geskiedenis, Islamitiese filosofie en olie in Iran.
Ná die Islamitiese rewolusie, met die uitbreek in 1980 van die Irans-Irakse Oorlog, het Pahlavi sy dienste as gevegsvlieënier aangebied om vir Iran te veg. Sy aanbod is egter van die hand gewys. Pahlavi het in 1985 ’n BSc-graad in politieke wetenskap deur korrespondensie verwerf. Hy is vlot in Engels en Frans benewens sy moedertaal, Persies.
Politieke bedrywighede in bannelingskap Reza Pahlavi is in Maart 1980 saam met sy gesin na Kaïro, Egipte. Toe sy pa in die laaste weke van sy lewe siek was, het media berig dat sommige monargistiese elemente die sjah aangeraai het om Reza oor te sien ten gunste van sy jonger seun, Ali Reza (wat destyds 13 was), omdat Reza se agtergrond, opleiding en belangstelling in openbare sake te beperk was om sy opvolger te word. Die sjah het die idee verwerp. Toe hy op 27 Julie 1980 sterf, het Farah (Diba) Pahlavi haarself tot regent in pretensie uitgeroep.
thumb|180px|links|Reza Pahlavi word op 31 Oktober 1980 in Kaïro as nuwe koning van Iran beëdig. Op Reza se 20ste verjaardag op 31 Oktober 1980 het hy homself as die nuwe koning van Iran, Reza Shah II, en die regmatige opvolger van die troon van die Pahlavi-dinastie verklaar. Onmiddellik daarna het 'n woordvoerder van die Amerikaanse departement van buitelandse sake gesê die VSA-regering distansieer hom van Pahlavi en dat die Amerikaanse regering die Iranse regering erken.
In Augustus 1981 het Pahlavi aangekondig dat hy in die geheim beplan om die Iranse regering omver te werp, en gesê: "Tot dusver was ek onwillig om die bestaan van die gekoördineerde planne te onthul, want ek wil nie die lewens van sommige van ons beste kinders in gevaar stel nie... baie van ons aksies was aan julle onbekend, maar ek wil julle verseker dat die nodige stappe op die beste ordelike manier geneem word om Iran te red."
Op 1 Mei 1986 het Pahlavi bekendgemaak dat hy kort tevore 'n regering in ballingskap gevorm het om weer 'n konstitusionele monargie in Iran te vestig. Op sy webwerf het Pahlavi gesê Iran moet demokraties en sekulêr word, en menseregte moet gerespekteer word. Of die regeringsvorm 'n konstitusionele monargie of 'n republiek sal wees, wou hy aan die mense van Iran oorlaat.April 2011 Q&A, Question 4 rezapahlavi.orgDecember Q&A, Question 7 rezapahlavi.org
Pahlavi het sy hoë profiel as 'n Iraniër in die buiteland gebruik om te pleit vir menseregte, demokrasie en eenheid onder Iraniërs in en buite Iran.Prinz Reza Pahlavi über den Iran: "Dieses Regime ist äußerst anti-religiös" . Zenit.org (31 Maart 2010). Besoek op 9 Junie 2012. Op sy webwerf pleit hy vir 'n skeiding van godsdiens en staat in Iran en vrye en regverdige verkiesings "vir alle vryheidsliewende individue en politieke ideologieë". Hy moedig alle groepe wat toegewy is aan 'n demokratiese agenda aan om saam te werk vir 'n demokratiese en sekulêre Iranse regering.Reza Pahlavi. The Challenge Of Implementing Democracy And Human Rights In Iran. The International Society of Human Rights – Bonn, Germany, 27 March 2010. Rezapahlavi.com
In Februarie 2011, nadat geweld in Teheran uitgebreek het, het Pahlavi gesê Iran se jeug is vasbeslote om ontslae te raak van 'n outoritêre regering wat deur korrupsie en wanbestuur geteister word, in die hoop om 'n demokrasie te vestig. "Fundamentele en nodige verandering is lankal vertraag in ons streek, en ons het 'n hele generasie jong Egiptenare en Iraniërs wat nie bereid is om nee vir 'n antwoord te aanvaar nie," het hy aan The Daily Telegraph gesê. "Demokratisering is nou 'n noodsaaklikheid wat nie ontken kan word nie. Dit is net 'n kwessie van tyd voordat die hele streek homself kan transformeer."Iran's Crown Prince calls on West to support anti-government protests. Telegraph. 16 February 2011. Retrieved on 9 June 2012.
In Junie 2018 het hy opgemerk: "Ek glo Iran moet 'n sekulêre, parlementêre demokrasie wees. Die finale vorm moet deur die mense besluit word."
thumb|260px|Mense wat die konferensie van die Handves van Solidariteit en Vryheid in Iran in Toronto bygewoon het. Die doel van die handves is om die Islamitiese Republiek op 'n niegewelddadige manier omver te werp. Pahlavi sit tweede van links. In 'n onderhoud in Februarie 2023 met The Daily Telegraph het Pahlavi 'n beroep op die Britse en Europese regerings gedoen om die Islamitiese Rewolusionêre Wag te verbied, met die argument dat daarmee "die grootste tand wat die regime het, uitgetrek sou word". In die onderhoud het hy ook sy oortuiging uitgespreek dat die Islamitiese Republiek waarskynliker in die nabye toekoms sou val as in vorige dekades, aangesien Iranse hervormers hul taktiek verander het om die regime heeltemal omver te werp in plaas daarvan om dit te verander. Hy het erken dat baie Iranse andersdenkendes wou hê hy moes 'n sentrale rol speel in die skep van 'n nuwe regering, maar het herhaal dat hy dit aan die mense van Iran sou oorlaat om te besluit of die troon herstel moet word. Pahlavi het ook voorspel dat die grootste uitdaging vir 'n nuwe sekulêre, liberale, demokratiese Iran die kwessie van die beheer van die weermag en die soeke na geregtigheid teen amptenare in die regime sou wees. Hy het afgesluit dat lede van die Islamitiese regime met 'n hoë rang verhoor sou word vir menseregteskendings, maar ander kon kwytskelding ontvang om herintegrasie in die samelewing moontlik te maak, met verwysing na die Neurenberg-verhore waarin top-Nazi-amptenare vervolg is terwyl dié met laer range in Duitsland geïntegreer is, en die Waarheids-en-Versoeningskommissie van Suid-Afrika.
In Maart 2023 het Pahlavi 'n toer deur die Verenigde Koninkryk onderneem en in 'n toespraak gesê "sekularisme is 'n voorvereiste vir demokrasie" en dat Islamitiese regimes misluk omdat hulle nie vryheid van godsdiens aanvaar nie.
Hy het gevra dat die reg op internettoegang in Iran herstel word om kommunikasie tussen andersdenkende bewegings te help en vir niegewelddadige taktieke om die Iranse regime omver te werp. Tydens die toespraak het 'n groot betoging buite plaasgevind ter ondersteuning van Pahlavi. Op 17 April 2023 het hy en sy vrou Israel besoek in ’n "poging om die historiese betrekkinge tussen Iran en Israel te herbou". Hy het ook die president, Isaac Herzog, en die permier, Benjamin Netanyahu, ontmoet.
Steun vir Pahlavi Binne Iran Volgens 'n verslag van 2009 het Pahlavi nie ’n georganiseerde aanhang binne Iran nie, aangesien daar geen ernstige monargistiese beweging in die land is nie. Die verslag het Pahlavi beskryf as iemand wat “min in gemeen het met die intellektueles en studente wat die kern van die hervormingsbeweging uitmaak”.
Tydens die Iranse betogings van 2017-'18 het sommige video’s op sosiale media betogers gewys wat slagspreuke skree ten gunste van Pahlavi se oupa en oproepe doen vir sy terugkeer. In baie gevalle het die video’s gewys hoe monargistiese slagspreuke ander mense in die skare aanspoor om dié slagspreuke uit te roep.
In Januarie 2023 het Arash Azizi, ’n Iranse geleerde en skrywer wat in New York gebaseer is, opgemerk dat steun vir Pahlavi onder jonger Iraniërs op sosiale media en by openbare betogings sigbaarder geword het. Hy het aangevoer: “Vir enige regverdige waarnemer van Iran het Pahlavi ’n sekere mate van steun in die Iranse samelewing, alhoewel dit moeilik is om te bepaal hoe wyd dié steun werklik is.” Hy het ook opgemerk dat ’n aantal Iranse andersdenkende aktiviste en bekendes hulle uitgespreek het ten gunste van Pahlavi as ’n figuurhoof om antiregeringsbewegings te verenig. Die Teheran-gebaseerde intellektueel Khashayar Dayhimi het gesê: “Ek glo dat, as daar vandag ’n referendum was en Reza Pahlavi was op die stembrief, hy maklik sou wen omdat mense niemand anders ken nie.”
Die Universiteit van Navarra het in 2023 ’n artikel gepubliseer waarin bevind is dat daar steun vir Pahlavi binne Iran is, sowel as die gebruik van slagspreuke soos “Pahlavi is ons keuse, die leier van ons rewolusie” en “Pahlavi, jy is ons verteenwoordiger”. In 2024 het ’n meningspeiling wat deur ’n Amerikaanse navorsingsinstituut gedoen is, bevind dat byna 80% van Iraniërs Pahlavi verkies bo die huidige Islamitiese Republiek se leierskap.
Onder Iranse ekspats Pahlavi geniet wye steun onder die ouer Iranse ekspats wat die land tydens die 1979-rewolusie verlaat het, asook onder sommige mense in Iran. In 2006 het Connie Bruck van The New Yorker geskryf Los Angeles is die tuiste van ongeveer 600 000 Iranse ekspats, en dit is 'n monargistiese vesting.
’n 2013-opname van Iranse Amerikaners wat deur die George Mason-universiteit se sentrum vir sosiaal-wetenskaplike navorsing gedoen is, het bevind 85% van respondente het geen ondersteuning vir enige Iranse opposisiegroepe of getoon nie. Van die oorblywende 15% wat wel ondersteuning getoon het, het 20% hom gesteun.
Steun tydens die Mahsa Amini-betogings thumb|260px|Die betoging in 2022 in Iran oor 'n jong meisie, Mahsa Amini, wat in polisieaanhouding dood is nadat sy glo geslaan is omdat sy haar hijab verkeerd gedra het.