Die Vrouerugbywêreldbeker is ’n internasionale vrouerugbykompetisie wat al om die vier jaar gehou word om die vrouerugbywêreldkampioen bepaal. Die kompetisie is die belangrikste en bekendste in internasionale vrouerugby.
duimnael|links|upright|Die trofee wat tot in 2021 op die spel was tydens vrouerugbywêreldbekertoernooie Daar is slegs plek vir 16 spanne om aan die kompetisie deel te neem en spanne moet aan uitdunne deelneem om te kwalifiseer. Die vier beste spanne van die vorige toernooi kwalifiseer regstreeks vir die volgende toernooi.
In die tien kampioenskappe wat reeds aangebied is, het drie lande die titel al ingepalm. Nieu-Seeland het reeds ’n rekord van ses keer gewen, gevolg deur Engeland drie keer en die Verenigde State een keer. Kanada het ook twee keer die eindstryd gehaal, maar hulle is telkens deur Engeland geklop.
Die eerste vrouerugbywêreldbeker het in 1991 in Wallis plaasgevind. Die mees onlangse toernooi is in 2025 in Engeland gehou. Die volgende wêreldbekertoernooi sal in 2029 in Australië aangebied word. Engeland is tans die wêreldkampioen.
Uitslae JaarGasheerland(e)EindstrydDerde plekWennerTellingNaaswennerDerde plekTellingVierde plekDeelnemende lande1991Oorsig19 – 6Gedeelde derde plek121994Oorsig38 – 2327 – 0121998Oorsig44 – 1231 – 15162002Oorsig19 – 941 – 7162006Oorsig25 – 1717 – 8122010Oorsig13 – 1022 – 8122014Oorsig21 – 925 – 18122017Oorsig41 – 3231 – 23122021Oorsig34 – 3136 – 0122025Oorsig33 – 1342 – 26162029Oorsig162033Oorsig16
Statistiek Span Wêreldkampioen Naaswenner Derde plek Vierde plek Top-4-verskynings 6 (1998, 2002, 2006, 2010, 2017, 2021)01 (2025)1 (1991)8 3 (1994, 2014, 2025)6 (1991, 2002, 2006, 2010, 2017, 2021)1 (1998)010 1 (1991)2 (1994, 1998)01 (2017)4 02 (2014, 2025)04 (1998, 2002, 2006, 2021)6 007 (1991, 1994, 2002, 2006, 2014, 2017, 2021)2 (2010, 2025)9 001 (2010)01 0001 (1994)1 0001 (2014)1
Eerste deelnames 1991 1994 1998 2002 2006 2010 geen 2014 geen 2017 2021 2025 2029 n.v.t. 2033 n.v.t.
Sien ook
Rugbywêreldbeker
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Amptelike webtuiste van Wêreldrugby