+ 125pxVlag125pxWapen200pxOppervlakte104 882 km²Bevolking (2011) 3 509 953Bevolking (2017 skat)3 850 000Tale Tswana (63,4%), Afrikaans (9,0%), Suid-Sotho (5,8%), Xhosa (5,5%), Tsonga (3,7%)Etniese groepe Swart mense (89,8%), Wit mense (7,3%),Bruin mense (2,0%),Asiërs (0,6%)Hoofstad MahikengPremier Lazzy Mokgosi (ANC)

Noordwes (Engels: North West, Tswana: Bokone-Bophirima) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Mahikeng (tot onlangs nog Mafikeng). Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die "tuisland" Bophuthatswana (uitgesluit die deel wat in die Vrystaat geleë was) en 'n noordoostelike deel van die ou Kaapprovinsie.

Die provinsiale hoofstad Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.

Ander belangrike dorpe in Noordwes is onder meer Potchefstroom, Klerksdorp, Brits, Rustenburg, Lichtenburg en Vryburg.

Demografie duimnael|links|Meerderheidstale in Noordwes: Bevolking (2007-sensus): 3 394 200. Tale: Tswana (63,4%), gevolg deur Afrikaans (9,0%).

Distrikte duimnael|Distrikte van Noordwes Daar is 4 distrikte in die provinsie, naamlik: Bojanala Platinum Ngaka Modiri Molema (voorheen Sentrale) Dr. Kenneth Kaunda (voorheen Suidelike) Dr. Ruth Segomotsi Mompati (voorheen Bophirima)

Geografie Oppervlakte: Sowat 104 882 vk. km.

Ligging en topografie Noord en wes van Noordwes lê die land Botswana, terwyl die provinsies Noord-Kaap en Vrystaat aan die suidekant, Limpopo na die noordooste en Gauteng aan die oostekant daarvan lê. Die Magaliesbergreeks is in die noordooste, en die Vaalrivier vorm die provinsie se suidelike grens. Noordwes se suidelike deel is 'n uitgestrekte vlakte, terwyl die noordelike deel grootliks yl begroeide bosveld is.

Ekonomie duimnael|'n Kunsmatige sandstrand in Sun City Mynbou sorg vir meer as 'n derde van Noordwes se bruto binnelandse produk. Nagenoeg 94% van Suid-Afrika se platinum kom van die distrikte Rustenburg en Brits, wat meer van hierdie kosbare silwerwit metaal produseer as enige ander gebied ter wêreld. Die provinsie lewer voorts 'n kwart van die land se goud. Graniet, marmer, vloeispaat en diamante word ook ontgin.

Ondanks die mynboubedrywighede het die provinsie nog steeds 'n landelike karakter. Noordwes lewer sowat 'n derde van die land se mielies. Ander belangrike landbouprodukte in die suidelike en oostelike dele van die land is sonneblomolie, vrugte, tabak en katoen. Die westelike en noordelike dele het weer baie skaap- en beesplase.

Toerisme Noordwes se malariavrye wildernisgebiede soos die Madikwe Wildreservaat en die Nasionale Pilanesbergpark is gewilde toeristebestemmings. So ook Sun City, 'n bekende luukse vakansieoord wat met twee gholfbane, kasino's, sportgeriewe en ander vermaaklikheidsaktiwiteite daagliks meer as 25 000 besoekers lok. Ander gewilde bestemmings vir buitelug-aktiwiteite is die Hartbeespoortdam (vir watersport) en die Magaliesberge met sy natuurskoon en voetslaanpaaie.

Opvoeding Die Noordwes-Universiteit, wat die Potchefstroomkampus (die Pukke) insluit, is die provinsie se vernaamste tersiêre onderwysinrigting.

Verwysings

Bronne Botha, Alida: Op reis deur SUid-Afrika... - Wes-Transvaal, deel 1. In: Omgewing RSA. Deel 10, nr. 10, Oktober 1983 Botha, Alida: Op reis deur Suid-Afrika... - Wes-Transvaal, deel 2. In: Omgewing RSA. Deel 10, nr. 12, Desember 1983

Eksterne skakels

Amptelike webwerf