Die Wêreldtoetskampioenskap 2025–2027 (Engels: 2025–2027 ICC World Test Championship) word van 17 Junie 2025 tot Junie 2027 beslis. Dit is die vierde Wêreldtoetskampioenskap in toetskrieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word. Dit het op 17 Junie 2025 begin en sal in Junie 2027 eindig met die eindstryd op Lord’s in Londen, Engeland.

duimnael|links|Die Wêreldtoetskampioenskap 2025–2027 se eindstryd sal in Junie 2027 op Lord’s in Londen beslis word Nege van die huidige twaalf toetslande neem aan die Wêreldtoetskampioenskap 2025–2027 deel, waarvan elke span ’n toetsreeks teen ses van die ander agt spanne speel. Elke reeks behels tussen twee en vyf wedstryde, dus speel elke span ses reekse (drie tuis en drie weg); daar word egter nie vir dieselfde aantal toetswedstryde deur elke span beplan nie. Elke span kan tydens elke reeks ’n maksimum van 120 wedstrydpunte insamel en die twee spanne met die meeste wedstrydpunte ontmoet mekaar in die eindstryd. In die geval van ’n gelykop of onbesliste eindstryd sal albei spanne die trofee deel.

Van die toetsreekse in die Wêreldtoetskampioenskap is deel van langer aaneenlopende reekse, soos die As-reeks van 2025/26. Van die nege deelnemende spanne sal ook bykomende toetswedstryde in die tydperk speel, wat nie deel is van die Wêreldtoetskampioenskap nie, maar wel van die IKR se Toekomstige Toerprogram vir 2024–2031, veral om toetswedstryde aan die drie toetslande te besorg wat nie aan die Wêreldtoetskampioenskap 2025–2027 deelneem nie.

Tabel Plek Span Toetsreekse Toetswedstryde 1 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0.0 2 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0.0 3 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0.0 4 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0.0 5 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0.0 6 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0.0 7 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0.0 8 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0.0 9 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0.0 Laaste keer hersien: 15 Junie 2025.

Toetsreekse Begin Tuisspan Wegspan Uitslae Punte 2025-seisoen 17 Junie 2025 20 Junie 2025 25 Junie 2025 2025/26-seisoen Oktober 2025 2 Oktober 2025 14 November 2025 21 November 2025 November 2025 Maart 2026 2026-seisoen Junie 2026 Junie 2026 Julie 2026 Augustus 2026 Augustus 2026 2026/27-seisoen September 2026 Oktober 2026 Oktober 2026 November 2026 November 2026 Desember 2026 Desember 2026 Januarie 2027 Januarie 2027 Februarie 2027 Februarie 2027 Maart 2027 Maart 2027

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Wêreldtoetskampioenskap 2025–2027 op ESPNcricinfo

2025–2027 Kategorie:Sport in 2025 Kategorie:Sport in 2026 Kategorie:Sport in 2027