thumb|330px|Kaart van Namibië thumb|right|330px|Windhoek, hoofstad van Namibië thumb|right|330px|Walvisbaai thumb|right|330px|Swakopmund Daar word onderskeid getref tussen stede en dorpe in Namibië: plekke wat deur 'n munisipaliteit geregeer word, word stede genoem, en plekke wat deur 'n dorpsraad geregeer word, word dorpe genoem.
Stede In 2015 het Namibië dertien stede, elkeen geregeer deur 'n munisipale raad wat tussen 7 en 15 setels het. In teenstelling met dorpe het stede die mag om fasiliteite soos openbare vervoer, behuisingskemas, museums, en biblioteke sonder die goedkeuring van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling op te rig. Hulle mag ook kies om sekere dienste te privatiseer en om samewerkingsooreenkomste met die privaatsektor aan te gaan sonder om vir uitdruklike goedkeuring te vra. Die dertien stede is:
Stede in Namibië Stad Streek Sensus van 1991 Sensus van 2001 Sensus van 2011 Windhoek Khomas 147 056 233 529 325 858 Walvisbaai Erongo 22 999 43 611 62 096 Swakopmund Erongo 17 681 23 808 44 725 Hentiesbaai Erongo 3 285 4 720 Omaruru Erongo 4 761 6 300 Otjiwarongo Otjozondjupa 15 921 19 614 28 249 Okahandja Otjozondjupa 11 040 14 039 22 639 Grootfontein Otjozondjupa 14 249 16 632 Mariental Hardap 9 836 12 478 Outjo Kunene 6 013 8 445 Gobabis Omaheke 13 856 19 101 Tsumeb Oshikoto 14 929 19 275 Keetmanshoop ǁKaras 15 032 15 778 20 977
Dorpe In 2015 het Namibië 26 dorpe, elkeen geregeer deur 'n dorpsraad wat tussen 7 en 12 setels het. In teenstelling met gehuggies, het dorpe die mag om fasiliteite soos ambulans- en brandweerdienste en elektrisiteitsvoorsiening sonder die goedkeuring van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling op te rig. Hulle is ook verantwoordelik vir die oprigting en instandhouding van gemeenskapsgeboue, en hulle mag roerende eiendom koop en verkoop sonder om vir uitdruklike goedkeuring te vra. Die 26 dorpe is: Dorpe in Namibië Dorp Streek Sensus van 1991 Sensus van 2001 Sensus van 2011 Karasburg ǁKaras 4 075 4 401 Lüderitz ǁKaras 13,295 12,537 Oranjemund ǁKaras 4 451 3 908 Arandis Erongo 3 974 5 214 Karibib Erongo 3 726 5 132 Usakos Erongo 2 926 3 583 Aranos Hardap 3 683 Rehoboth Hardap 21 439 21 308 28 843 Rundu Kawango-Oos 19 366 36 964 63 431 Nkurenkuru Kawango-Wes 618 Khorixas Kunene 5 890 6 796 Opuwo Kunene 5 101 7 657 Eenhana Ohangwena 2 814 5 528 Helao Nafidi Ohangwena --- --- (gestig in 2004) 19 375 Okahao Omoesati 1 665 Oshikuku Omoesati 2 761 Outapi Omoesati 2 640 6 437 Ruacana Omoesati 2 985 Oshakati Oshana 21 603 28 255 36 541 Ondangwa Oshana 7 926 10 900 22 822 Ongwediva Oshana 6 197 10 742 20 260 Omuthiya Oshikoto 3 794 Oniipa Oshikoto --- Okakarara Otjozondjupa 3 296 4 709 Otavi Otjozondjupa 3 813 5 242 Katima Mulilo Sambesi 13 377 22 134 28 362
Sien ook Geografie van Namibië Streke van Namibië
Verwysings
Verdere leesstof
Alliance of Mayors and Municipal Leaders on HIV/AIDS in Africa Commonwealth Local Government Forum Country Profile: Namibia Government Gazette of the Republic of Namibia, 1 September 2000, No.2402
Kategorie:Nedersettings in Namibië Stede