Die nasionale vlag van Hongarye (Hongaars: Magyarország zászlaja), ook die rooi-wit-groen (Piros-fehér-zöld) genoem, is op 23 Mei 1957 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n ewe breë horisontale driekleur in rooi, wit en groen. Die vlag se vorm is afkomstig van nasionale republikeinse bewegings in die 18de en 19de eeue, terwyl die kleure uit die Middeleeue dateer. Die huidige Hongaarse vlag is soortgelyk aan dié 1816-weergawe van die Britse republikeinse driekleur met slegs die skakerings wat verskil. Die kleure in dié vorm is ook reeds gebruik ten minste sedert die kroning van Leopold II in 1790, voor die eerste gebruik op die Cispadaanse Republiek se driekleur in 1797. Ná die verwydering van die wapen in 1957 was dit slegs een van drie vlae van ’n sosialistiese land in Europa sonder enige sosialistiese simboliek; die ander was dié van Pole en Tsjeggo-Slowakye, waarvolgens dit ná die val van kommunisme in 1989 nie verander moes word nie.

Geskiedenis duimnael|links|Vlae van Hongare in die Chronicon Pictum: Turul, dubbelkruis en Árpád-bane Volgens Middeleeuse Hongaarse kronieke het vroeë Hongaarse krygers onder rooi vaandels versier met ’n swart Turul-voël, ’n mitologiese wese wat met Hongaarse oorspronglegendes verbind word, geveg. Dié vroeë militêre vaandels is later vervang met vlae waarop afbeeldings van Christelike heiliges geborduur was. Byvoorbeeld is berig dat koning sint Stefanus van Hongarye “onder die vaandel van sint Joris en sint Martinus” geveg het. Gedurende die laat Middeleeuse tydperk is die vlag van die Hongaarse koninklike Árpád-dinastie, die Árpád-bane, die vlag met rooi en silwer bane, algemeen begin gebruik, soms aangevul deur die dinastiese kleure van die heersende koninklike huis.

Ná die 15de eeu is die samestelling van rooi, wit en groen gereeld begin gebruik, veral as gedraaide sydrade op amptelike dokumentseëls, en soms as dekoratiewe elemente op die rande van militêre baniere. Die kleurskema in die vandag gebruikte volgorde rooi-wit-groen is egter eers in 1806 formeel beskryf. Die amptelike goedkeuring van dié kleure het geskied met Wet XXI van 1848 wat vir die eerste keer die gebruik van die “rooi-wit-groen” driekleurvlag as ’n nasionale simbool van Hongarye bepaal het.

Oorsprong duimnael|links|upright|Die Hongaarse kokarde soos gebruik tydens die Hongaarse Rewolusie van 1848 Die huidige vlag van Hongarye het sy oorsprong in die nasionale vryheidsbeweging voor 1848 wat gelei het tot die Hongaarse Rewolusie van 1848. Dié rewolusie was nie net gekant teen die monargie nie, maar het ook die Habsburgse Ryk verwerp en wou ’n onafhanklike republiek stig. Dienooreenkomstig toon die huidige Hongaarse vlag ’n driekleur wat gebaseer is op die vlag van Frankryk in weerspieëling van die Franse Rewolusie van 1848 se idees; die kleure rooi, wit en groen is afgelei van die historiese Hongaarse wapen wat, met uitsondering van enkele klein veranderinge, in wese onveranderd gebly het sedert die middel-15de eeu en dit is saamgestel uit wapens wat die eerste keer in die laat 12de en vroeë 13de eeu verskyn het as wapens van die Árpád-dinastie, Hongarye se stigtersdinastie. Die bane is horisontaal gerangskik eerder as vertikaal om verwarring met die vlag van Italië te voorkom, ondanks die feit dat die vaandel in dié vorm die Italiaanse driekleur met minstens sewe jaar voorafgegaan het. Die Italianers het hul vertikale driekleur in 1797 vir die eerste keer as vlag van ’n Italiaanse staat gebruik. Volgens ander, maar onbevestigde data is die huidige vorm van die Hongaarse driekleur reeds tydens die kroning van Matthias en latere konings gebruik.

Volksoorleweringe gedurende die romantiese tydperk het aan die kleure deugde toegeskryf: rooi vir krag, wit vir trou en groen vir hoop. Of alternatiewelik rooi vir die bloed wat vir die vaderland vergiet is, wit vir vryheid en groen vir die land, Hongarye se weivelde. Die nuwe grondwet wat op 1 Januarie 2012 in werking getree het, maak die eersgenoemde interpretasie amptelik (in die halfamptelike vertaling: krag (erő), trou (hűség) en hoop (remény).

Ontwikkeling duimnael|links|Hongaarse nasionale kleure teen die muur tydens die Hongaarse kroning van Leopold II in Pressburg (Pozsony, nou Bratislava) in 1790, 58 jaar voor die Hongaarse rewolusie van 1848 duimnael|links|’n Vlag van die Hongaarse Rewolusie van 1956 by die gedenkteken vir die slagoffers buite die Hongaarse Parlementsgebou in Boedapest Soos hierbo beskryf het die rooi-wit-groen-driekleur duidelik na vore gekom as ’n teken van nasionale soewereiniteit tydens die 1848–1849-rewolusie teen die Habsburgers. Hongaarse vrywilligers en emigrante het vir die sosiale beweging en oorloë tydens die Italiaanse vereniging onder die vaandel van Giuseppe Garibaldi geveg. Nadat die rewolusie in Hongarye onderdruk is, is die driekleur deur die Oostenrykse keiser Frans Josef I verbied. Ná die Oostenryks-Hongaarse kompromie van 1867 is die driekleur nie net gewettig nie, maar dit het ook die amptelike vlag van Hongarye geword. Op die vlag was die sogenoemde “kleiner wapen” (ook bekend as die Kossuth-wapen) van Hongarye met aartsengels as wapendraers as ’n kenteken op die vlag. Dit is gebruik tot die ontbinding van Oostenryk-Hongarye in 1918.

Ná die ineenstorting van die Habsburgse Ryk ná die Eerste Wêreldoorlog was die jare van 1918 tot 1920 baie onstuimig en baie klein, maar moeilik naspoorbare veranderinge is aangebring. Die rooi-wit-groen-driekleur het dieselfde gebly, maar daar is klein veranderinge aan die wapen aangebring en die aartsengels is verwyder. ’n Kort tussenspel en uitsondering was die Hongaarse Sowjetrepubliek wat in 1919 gestig is, wat vir vier en ’n halwe maand bestaan en ’n enkele rooi baan as sy vlag gebruik het. Dit blyk dat die driekleur van 1919 tot 1946 die kleiner wapen van Hongarye getoon het, maar die weergawe daarsonder is ook gebruik. Tussen 1946 en 1949 is Stefanus se kroon verwyder van die bokant van die wapen wat as die kenteken gedien het (Kossuth-wapen).

Ná die Tweede Wêreldoorlog en die besetting van Hongarye deur die Sowjetse Rooi Leër het die Kommuniste in 1949 die mag oorgeneem en ’n nuwe wapen met ’n Kommunistiese rooi ster is in die middel van die vlag aangebring. Tydens die Hongaarse Rewolusie van 1956 het rewolusionêres die hamer-en-graan-embleem uitgesny en die gevolglike driekleur met ’n gat in die middel as ’n teken van die rewolusie gebruik. Vir enkele maande het die nuwe regering die vlag verander om weer die kleiner wapen sonder die kroon te gebruik. In 1957, nadat die rewolusie deur die Sowjetse Rooi Leër onderdruk is, het die nuwe regering ’n “nuwe” wapen ontwerp wat egter nooit op die vlag gebruik is. Daarom is die amptelike vlag van Hongarye sedert 1957 ’n suiwer rooi-wit-groen driekleur. Ná die val van Kommunisme in 1989 was dit, soos die vlae van Pole en Tsjeggo-Slowakye, nie nodig om die vlag te verander nie, aangesien dit geen Kommunistiese teken vertoon het nie.

In die 2000’s was daar ’n aanbeveling van die Komitee oor Simbole dat die wapen deel sou wees van die staatsvlag, terwyl die nasionale vlag eenvoudig sou bly (soos dit steeds die geval is). Dit is nie in die wet geïmplementeer nie, maar in die geval van die meeste staatsgebruik word die wapen wettiglik op die vlag gebruik (sien hieronder).

Presiese beskrywing en wetgewing Die Hongaarse grondwet bepaal nie uitdruklik die verhouding van die vlag nie; maar ’n wet van 1957 bepaal dat seevarende handelskepe die rooi-wit-groen-driekleur in ’n verhouding van 2:3 moet toon.

Volgens ’n regeringsdekreet van 2000 is die verhouding (wat nóg in die grondwet nóg in wetgewing van 1995 nóg 2000 bepaal word nie) van vlae wat op regeringsgeboue gebruik word 1:2.

Opgesom sou dit beteken: 20px ’n Rooi-wit-groen-driekleur. Eintlik kan baie weergawes gebruik word al volgens 1995/LXXXIII § 11 (3): “(3) In gevalle soos uiteengesit in paragrawe (1) en (2) kan die wapen en die vlag ook in hul historiese vorms gebruik word.”, soos (1) lui: 1995/LXXXIII § 11 (1) “(1) Vir die doel om hul behoort aan die land te verklaar kan privaat persone die wapen en die vlag gebruik onderhewig aan die beperkings in hierdie wet.” 20px ’n Rooi-wit-groen-driekleur, verhouding 1:2 (deur dekreet van 2000). Volgens 1995/LXXXIII § 11 (4) kan die amptelike wapen van Hongarye as ’n kenteken daarop aangebring word. 20px ’n Wit agtergrond met afwisselend groen en rooi flammulette (“vlamtonge”, driehoeke met ’n golwende rand) fraiing, wapen in die middel, omhels deur eiketakke links en olyftakke regs. Verhouding nie bepaal nie. (1995/LXXXIII § 8 (1)) 20px 2:3 (verhouding volgens die 1957-wet) ’n Rooi-wit-groen-driekleur (daar is ’n handelsvloot) 20px Onbekend of onbepaald; 20px ’n Wit agtergrond met ’n afwisselend groen en rooi triangle-fraiing, wapen teen 1/3 op die vlag aan die vlagpaalkant. Verhouding nie bepaal nie. (1995/LXXXIII § 8 (2))

Ontwerp duimnael|Die Hongaarse vlag in Nagymaros langs die Donau

Die Hongaarse vlag het die volgende tegniese ontwerp:

350px|senter|Konstruksietekening

Kleure Die vlag van Hongarye se kleure word bepaal deur die Hongaarse Standaard MSZ 1361:2009:

40pxKleurskemaKarmosynrooiWitDonkergroen Pantone 18-1660 TCX Tomato Nie beskikbaar nie 18-6320 TCX Fairway CIELAB 44.0, 60.0, 32.0 100.0, 128.0, 128.0 37.5, 26.0, 144.0 RGB 206, 41, 57 255, 255, 255 71, 112, 80 Heksadesimaal #CE2939 #FFFFFF #477050

Galery

Historiese vlae

Vlag van die staatshoof

Ander vlae

Soortgelyke vlae Die ontwerp van die vlag van Hongrye stem baie ooreen met die vlag van Bulgarye, behalwe dat die verhouding verskil en die kleure anders gerangskik is.

Sien ook

Himnusz

Verwysings

Eksterne skakels

Hongarye op Flags of the World. Vlag van Hongarye op www.rbvex.it

Kategorie:Hongarye Hongarye