Die Fidjiaanse nasionale vrouerugbyspan (Engels: Fiji women’s national rugby union team) is die nasionale vrouerugbyspan wat Fidji in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Fidji geadministreer deur die Fidjiaanse Rugbyunie (Fiji Rugby Union, FRU) wat in 1913 gestig is. Fidji se bynaam is Fijiana en hulle speel tradisioneel in wit truie met swart broeke. Fidji is een van die min lande waar rugby die hoofsport is.
Fidji het in 2006 sy eerste internasionale wedstryd teen Samoa gespeel. Die span neem deel aan die jaarlikse Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap, saam met Papoea-Nieu-Guinee, Samoa en Tonga. Fidji het twee keer vir die vrouerugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer, maar hulle is in 2021 en 2025 in die groepfase uitgeskakel. Die Fidjiaanse vrouerugbyspan is tans (September 2025) 14de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.
Beheerliggaam
Die beheerliggaam vir rugby in Fidji is die Fidjiaanse Rugbyunie (Engels: Fiji Rugby Union, FRU). Die Fidjiaanse Rugbyunie is in 1913 gestig en het in 1987, net voor die eerste mansrugbywêreldbekertoernooi, ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword. Daarbenewens was die Fidjiaanse Rugbyunie in 2000 ’n stigtingslid van die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nou Oseanië Rugby).
Geskiedenis Oorsprong Fidji het sy heel eerste wedstryd in 1997 teen ’n besoekende Amerikaanse span gespeel. In 2006 het die eerste amptelike toetswedstryd teen Samoa tydens die Stille Oseaan-vrouedrienasiesbeker gevolg.
Tien jaar ná die Stille Oseaan-vrouedrienasiesbeker is die Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap gestig. Die eerste Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap 2016 is op die ANZ Nasionale Stadion in Suva tussen Fidji en Papoea-Nieu-Guinee beslis. Dié toernooi het gelyktydig gedien as Vrouerugbywêreldbeker 2017-kwalifisering. Die Fidjiane het die toernooi met ’n 37–10-oorwinning beklink en die volgende kwalifiseringsrondte gehaal.
In die uitspeelrondte het Fidji teen Hongkong en Japan te staan gekom, maar albei wedstryde verloor en vervolgens die Vrouerugbywêreldbeker 2017 misgeloop. In 2018 kon Fijiana die tweede Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap 2018 beklink en daarmee sy titel onoorwonne verdedig.
Die Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap was gelyktydig deel van die Vrouerugbywêreldbeker 2021-kwalifisering in Nieu-Seeland. Oseanië het vir die eerste keer oor sy eie kwalifiseringsplek by die vrouerugbywêreldbekertoernooi beskik. Australië en Nieu-Seeland het weens hul goeie prestasie tydens die vorige toernooi regstreeks gekwalifiseer, waardeur Fijiana die kwalifiseringsplek kon bespreek en ook vir die eerste keer vir ’n vrouerugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer het.
In 2022 het die Fidjiane in Brisbane twee toetswedstryde teen Australië en Japan gespeel. Dit was hulle eerste ontmoeting ooit met Australië en hul tweede wedstryd teen Japan. Fidji het die Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap 2022 in Nieu-Seeland beklink. Tydens dié toernooi het die span geskiedenis gemaak met sy 152–0-oorwinning oor Papoea-Nieu-Guinee in Papakura, Nieu-Seeland.
Eerste wêreldbekerdeelname In 2022 is Fijiana in sy eerste groepwedstryd afgeransel deur Engeland wat 14 drieë gedruk en met 84–19 geseëvier het. Daarna kon hulle hul eerste wêreldbekeroorwinning ooit aanteken deur Suid-Afrika met 21–17 te klop. Ná hul oorwinning het die Fidjiane met die 16de plek hul beste plek op Wêreldrugby se wêreldranglysm behaal. Frankryk het in die laaste groepwedstryd teen Fidji geen punte afgestaan nie en met 44–0 geseëvier. Daarmee het hulle in die negende plek geëindig.
Tweede wêreldbekerdeelname Fidji het die Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap 2024 beklink en sodoende vir die Vrouerugbywêreldbeker 2025 in Engeland gekwalifiseer. Die Fidjiane is egter ná twee nederlae teen Kanada en Skotland in die groepfase uitgeskakel. Hul troosprys was ’n oorwinning in die laaste groepwedstryd oor Wallis.
Kleure, embleem en bynaam Fidji speel tradisioneel in ’n wit trui met swart kleuraksente, wit broeke en swart-wit-gestreepte sokkies. Hul alternatiewe trui is swart met wit kleuraksente, wit broeke en wit sokkies met swart bane.
Die beheerliggaam Fidjiaanse Rugbyunie se kenteken toon ’n palmboom in swart voor ’n gestileerde rugbybal met ’n swart fraiing en die belettering Fiji Rugby daaronder. Die nasionale span se bynaam is Fijiana.
Tuisstadion Fidji se tuisstadion is die HFC Bank-stadion in die hoofstad Suva wat in 1951 opgerig is. Ná opknappings in 1978/79 en 2012 het dit ’n kapasiteit van 15 000.
Toetswedstryde Fidji het 14 van sy 28 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 50,00%. Fidji se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):
Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 2 0 2 0 0,00 1 0 1 0 0,00 1 0 1 0 0,00 2 0 2 0 0,00 2 0 1 0 0,00 2 0 2 0 0,00 4 4 0 0 100,00 7 4 3 4 57,14 1 0 1 0 0,00 1 1 0 0 100,00 4 4 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00Algeheel 28 14 14 0 50,00
Rekords Wêreldbekerrekord Fidji het tot dusver vir twee vrouerugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer. Hulle is tydens die 2021- en 2025-toernooie egter ná een oorwinning elk in die groepfase uitgeskakel.
Jaar Uitslag 1991 Nie deelgeneem nie 1994 Nie deelgeneem nie 1998 Nie deelgeneem nie 2002 Nie deelgeneem nie 2006 Nie deelgeneem nie 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Nie gekwalifiseer nie 2021 Groepfase 2025 Groepfase 2029 2033
Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap Fidji se enigste jaarlikse toernooi sedert 2016 is die Oseanië Rugby Vrouerugbykampioenskap, waartydens hulle teen Papoea-Nieu-Guinee, Samoa en Tonga speel. Hulle het die toernooi vier keer gewen. Titeloorwinnings (4): 2016, 2018, 2022, 2024
Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Fidjiaanse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:
+ Agterspelers (backs) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Kolora Lomani Skrumskakel Fijian Drua 17 Salanieta Kinita Losskakel Fijian Drua 15 Setaita Railumu Losskakel Fijian Drua 20 Verenaisi Ditavutu Senter Fidji Sewes 1 Rusila Nagasau Senter Fijian Drua 12 Alowesi Nakoci Senter Fijian Drua 7 Josifini Neihamu Senter Fijian Drua 3 Ilisapeci Delaiwau Vleuel Fidji Sewes 5 Kelerayani Luvu Vleuel Fidji Sewes 0 Mere Vocevoce Vleuel Fidji Sewes 0 Litiana Vueti Vleuel Fijian Drua 2 Adi Salote Nailolo Vleuel klubloos 1 Ema Adivitaloga Heelagter Fijian Drua 20 Michellaʻe Stolz Heelagter klubloos 2 Repeka Tove Heelagter Fijian Drua 12+ Voorspelers (forwards) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Keleni Marawa Haker Fijian Drua 21 Selai Naliva Haker klubloos 1 Vika Matarugu Stut Fijian Drua 19 Tiana Robanakadavu Stut Fijian Drua 18 Loraini Senivutu Stut Fijian Drua 13 Bitila Tawake Stut Fijian Drua 23 Bulou Wainikiti Vasuturaga Stut klubloos 9 Jade Coates Slot Chiefs Manawa 9 Mereoni Nakesa Slot Fijian Drua 23 Asinate Serevi Slot Fijian Drua 27 Nunia Daunimoala Losvoorspeler Fijian Drua 17 Alfreda Fisher Maria 15px|Kaptein Losvoorspeler Fijian Drua 8 Karalaini Naisewa Losvoorspeler Fijian Drua 28 Adi Salaseini Railumu Losvoorspeler Fijian Drua 4 Sulita Waisega Losvoorspeler Fijian Drua 24 Carletta Yee Losvoorspeler Fijian Drua 1 Manuqalo Komaitai Losvoorspeler klubloos 2
Bekende spelers Tot dusver is nog geen Fidjiaanse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.
Afrigters Die volgende persone het al as hoofafrigters van Fijiana gedien:
Naam Tydperk Seremaia Bai 2016 Senirusi Seruvakula 2020–2022 Inoke Male 2023 Mosese Rauluni 2024 Ioan Cunningham sedert 2025
Sien ook
Fidjiaanse nasionale rugbyspan
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Fidjiaanse Rugbyunie Fidji by Wêreldrugby
Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Fidji