Die Engelse nasionale vrouerugbyspan (Engels: England women’s national rugby union team) is die nasionale vrouerugbyspan wat Engeland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Engeland deur die Rugbyvoetbalunie (Rugby Football Union, RFU) geadministreer. Engeland neem jaarliks aan die Sesnasies-vrouetoernooi deel, saam met Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis. Engeland het die kampioenskap reeds 21 keer gewen, insluitende 19 Grand Slams en 25 Driekrone, by altesaam 30 toernooie.
Engeland het sy eerste toetswedstryd in 1987 gespeel, toe hulle weg in Pontypool Wallis geklop het. Engelse spelers dra tradisioneel wit broeke, vlootblou kouse en wit truie met ’n geborduurde rooi roos – wat aan die Huis van Lancaster ontleen is – daarop. Die span se tuisstadion is oorwegend Twickenham.
Engeland se belangrikste internasionale verskyning is tydens die vierjaarlikse vrouerugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1991 beslis word. Tydens die eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991 kon hulle die eindstryd haal, maar hulle is deur die Verenigde State geklop. In 1994, 2014 en 2025 het die Engelse hul drie titels ingepalm, terwyl hulle vyf ander keer ook die eindstryd kon haal maar telkens teen Nieu-Seeland vasgeval het. Daarbenewens het Engeland die 2010- en 2025-toernooi aangebied. Vyf voormalige Engelse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Engeland is tans (September 2025) eerste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.
Beheerliggaam
duimnael|links|Die Webb Ellis Rugby Football Museum in Rugby Die beheerliggaam vir rugby in Engeland is die Rugbyvoetbalunie (Rugby Football Union, RFU). Die RFU is op 26 Januarie 1871 gestig. Dit is die oudste rugbybeheerliggaam ter wêreld en het in 1890 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit. In 1999 het England met die aansluiting van die Fédération Internationale de Rugby Amateur (FIRA; nou Rugby Europa) by die IRVR ook ’n lid van dié kontinentale beheerliggaam geword. Die belangrikste Engelse rugbytoernooi is die Engelse Vrouepremierskap, waaraan nege klubs deelneem.
Geskiedenis duimnael|links|Engeland tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014 Voor 2009 het die Engelse nasionale vrouerugbyspan ’n ander embleem en kenteken gebruik as die mansspan. Sedert die samesmelting van die Vrouerugbyvoetbalunie met die Rugbyvoetbalunie in 2009 gebruik die vrouespan ook die mansspan se kenteken.
Engeland het aan al die vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en hulle kon die toernooie in 1994, 2014 en 2025 wen en het nog ses keer as naaswenners geëindig.
In 1995/1996 is vir die eerste keer die Tuisnasies-toernooi tussen Engeland, Ierland, Skotland en Wallis beslis wat die Engelse kon beklink. Daarna kon hulle byna al die toernooie inpalm met uitsondering van 1997/98, waar die Skotte geseëvier het.
In 1998/99 het Frankryk by die toernooi aangesluit, waarmee dit die Vyfnasies-toernooi geword het. In die toernooi se eerste drie jaar het Engeland dit saam met ’n Grand Slams gewen.
In 2001/02 het Ierland in voorbereiding op die Vrouerugbywêreldbeker 2002 by die toernooi heraangesluit, waarmee dit die Sesnasies-toernooi geword het. Sedertdien het Engeland slegs twee keer swakker as die tweede plek gevaar, in onderskeidelik 2013 en 2015, en 16 titels ingepalm, waaronder sewe agtereenvolgende titels van 2006 tot 2012 met nog 14 Grand Slams, insluitende vier agtereenvolgende keer tussen 2022 en 2025.
Kleure, embleem en naam duimnael|Die rooi roos van die Huis van Lancaster Engelse rugbyspelers speel gewoonlik in wit truie en ’n wit kortbroek met oorwegend donkerblou sokkies. Die embleem op die trui is ’n rooi roos pleks van die drie leeus op die truie van die sokkerspan en die krieketspan.
Tuisstadion
duimnael|’n Lugaansig van Twickenham-stadion in Londen Twickenham in die suidweste van Londen is die grootste suiwer rugbystadion wêreldwyd. In dié stadion word meestal belangrike toetswedstryde beslis wat groot skare lok. Ter verspreiding van vrouerugby word ook ander Engelse stadions soos die Welford Road-stadion in Leicester of die York Community-stadion in York gebruik.
Vrouerugbywêreldbekerstadions
Engeland het die vrouerugbywêreldbekertoernooie in 2010 en 2025 aangebied. Die 2010-toernooi se groepfase is op die Surrey Sportspark in Guildford beslis, terwyl die uitklopfase op die Londense Twickenham Stoop gehou is. Die 2025-toernooi is dwarsdeur Engeland aangebied met die brons- en eindstryd wat op die Londense Twickenham-stadion beslis is.
Toetswedstryde Engeland het 288 van sy 334 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 86,23%. Engeland se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen September 2025):
Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 8 8 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 1 1 0 0 100,00 58 45 13 0 77,59 33 31 2 0 93,94 26 26 0 0 100,00 38 34 3 1 89,47 3 3 0 0 100,00 4 4 0 0 100,00 33 13 19 1 39,39 2 2 0 0 100,00 3 3 0 0 100,00 34 32 2 0 94,12 16 14 1 1 87,50 6 6 0 0 100,00 3 3 0 0 100,00 22 21 1 0 95,45 42 40 2 0 95,24Algeheel 334 288 43 3 86,23
Wedywering met ander nasionale spanne Veral met die nasionale spanne van die naburige Britse Tuisnasies handhaaf die Engelse ’n intensiewe wedywering. Van die 34 toetswedstryde tot dusver teen Skotland het Engeland 32 gewen en Skotland twee. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver twee keer ontmoet (in 1994 en 2025) en Engeland het albei wedstryde gewen.
Engeland en Frankryk het tot dusver in 58 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 45 gewen het en Frankryk 13. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver vyf keer ontmoet, waarvan Engeland al die wedstryde gewen het. Wedstryde tussen albei spanne word deur die pers en die ondersteuners in albei lande Le Crunch genoem.
Engeland en Ierland het tot dusver in 33 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 31 gewen het en Ierland twee. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver drie keer ontmoet (groepwedstryde in 2006 en 2010 asook kwarteindstryd in 2014), waarvan Engeland al die wedstryde gewen het. Engeland en Wallis het tot dusver in 44 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 42 gewen het en Wallis twee. Gedurende wêreldbekertoernooie het albei spanne tot dusver nog nie ontmoet nie.
Net soos die ander rugbylande van die Noordelike Halfrond handhaaf Engeland ’n wedywering met die groot spanne van die Suidelike Halfrond. Eweneens het Engeland tydens vyf eindstrydverskynings teen Nieu-Seeland te staan gekom, maar hulle is telkens geklop. Engeland handhaaf ook ’n sekere mededinging met Australië, waarvan Engeland al die agt ontmoetings kon wen. ’n Bykomende aspek in hul wedywering met Australië is die sedert die laat 19de eeu bestaande intensiewe, sportiewe wedywering tussen Australië en Engeland, wat ook in ander sportsoorte (veral krieket en op die Statebondspele) ’n besondere status geniet.
Engeland handhaaf ook ’n sekere wedywering met Kanada. Engeland en Kanada het tot dusver in 37 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 34 gewen het en Kanada drie, met een gelykopuitslag. Daarbenewens het albei spanne in twee eindstryde ontmoet en ook een bronseindstryd beslis (wat Engeland almal kon wen). Daarnaas handhaaf Engeland ook ’n sekere wedywering met die Verenigde State. Engeland en die Verenigde State het tot dusver in 22 toetswedstryde ontmoet, waarvan Engeland 21 gewen het en die Verenigde State een. Engeland en die Verenigde State het in twee eindstryde ontmoet (me een oorwinning en nederlaag elk).
Rekords Wêreldbekerrekord Engeland het tot dusver aan elke vrouerugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en kon drie toernooie beklink: die tweede toernooi in 1994, die sewende toernooi in 2014 en die tiende toernooi in 2025. Daarmee het die Red Roses die eerste span geword wat die titel twee keer kon wen. Daarbenewens het die Engelse span ses keer as naaswenner geëindig.
Jaar Uitslag 1991 Naaswenner 1994 Kampioen 1998 Derde plek 2002 Naaswenner 2006 Naaswenner 2010 Naaswenner 2014 Kampioen 2017 Naaswenner 2021 Naaswenner 2025 Kampioen 2029 gekwalifiseer 2033
Tuisnasies / Vyfnasies / Sesnasies Engeland se enigste jaarlikse toernooi is die Sesnasies-vrouetoernooi waartydens hulle teen vyf ander Europese lande speel: Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis. Die Sesnasies het begin as die Tuisnasies-toernooi in 1996 wat Engeland met ’n Driekroon gewen het, d.w.s. ’n oorwinning oor al die ander drie Tuisnasies. Engeland het tot dusver 21 titels gewen. Engeland het tot dusver 19 Grand Slams aangeteken, d.w.s. ’n Driekroon saam met ’n oorwinning oor Frankryk gedurende dieselfde toernooi.
21 titels (1996, 1997, 1999, 2000, 2001, 2003, 2006, 2007, 2008, 2009, 2010, 2011, 2012, 2017, 2019, 2020, 2021, 2022, 2023, 2024, 2025) 19 Grand Slams (1996, 1997, 1999, 2000, 2001, 2003, 2006, 2007, 2008, 2010, 2011, 2012, 2017, 2019, 2020, 2022, 2023, 2024, 2025) 25 Driekrone (1996, 1997, 1999, 2000, 2001, 2002, 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008, 2010, 2011, 2012, 2014, 2016, 2017, 2018, 2019, 2020, 2022, 2023, 2024, 2025)
Europese Vrouerugbykampioenskap Engeland het voorheen aan die Europese Vrouerugbykampioenskap deelgeneem en vyf toernooie beklink.
Titeloorwinnings (5): 1997, 2007, 2008, 2011, 2012
Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Engelse span gevorm tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2025:
+ Agterspelers (backs) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Natasha Hunt Skrumskakel Gloucester-Hartpury 82 Lucy Packer Skrumskakel Harlequins 33 Holly Aitchison Losskakel Sale Sharks 40 Zoe Harrison Losskakel Saracens 59 Tatyana Heard Senter Gloucester-Hartpury 31 Megan Jones Senter Trailfinders 27 Helena Rowland Senter Loughborough Lightning 41 Emily Scarratt Senter Loughborough Lightning 118 Jade Shekells Senter Gloucester-Hartpury 3 Jessica Breach Vleuel Saracens 47 Abby Dow Vleuel klubloos 54 Claudia MacDonald Vleuel Exeter Chiefs 35 Ellie Kildunne Heelagter Harlequins 53 Emma Sing Heelagter Gloucester-Hartpury 10+ Voorspelers (forwards) Speler Posisie Klub Toetswedstryde Lark Atkin-Davies Haker Bristol Bears 68 May Campbell Haker Saracens 4 Amy Cokayne Haker Sale Sharks 84 Sarah Bern Stut Bristol Bears 73 Hannah Botterman Stut Bristol Bears 58 Mackenzie Carson Stut Gloucester-Hartpury 21 Kelsey Clifford Stut Saracens 15 Maud Muir Stut Gloucester-Hartpury 42 Zoe Aldcroft 15px|Kaptein Slot Gloucester-Hartpury 65 Rosie Galligan Slot Saracens 25 Lilli Ives Campion Slot Loughborough Lightning 3 Morwenna Talling Slot Sale Sharks 23 Abbie Ward Slot Bristol Bears 76 Abi Burton Losvoorspeler Trailfinders 3 Maddie Feaunati Losvoorspeler Exeter Chiefs 17 Sadia Kabeya Losvoorspeler Loughborough Lightning 23 Alex Matthews Losvoorspeler Gloucester–Hartpury 76 Marlie Packer Losvoorspeler Saracens 111
Bekende spelers duimnael|upright|Margaret Alphonsi (2014) Vyf voormalige Engelse spelers is vir hul uitstekende prestasies in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem:
Speler Posisie Inskrywing Margaret Alphonsi Losvoorspeler 2016 Gill Burns Losvoorspeler 2014 Rochelle Clark Stut 2025 Sue Day Vleuel, Senter, Heelagter 2026 Carol Isherwood Losvoorspeler 2014
Daarbenewens is Alice Cooper, Sue Dorrington, Mary Forsyth en Deborah Griffin (organiseerders van die heel eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991) in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.
Sien ook
Engelse nasionale rugbyspan Engelse nasionale vrouekrieketspan
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Engelse Rugbyvoetbalunie Engeland by Wêreldrugby
Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Engeland