Myl 108 (Engels: Mile 108) is 'n vissersdorpie en kampeerterrein in die Erongo-streek van Namibië, aan die Skedelkus. Dit is 'n strandfront-akkommodasie met visvang-chalets en ruim kampeerplekke.

Die verblyfopsies wat in Myl 108 beskikbaar is, sluit in strandkampering, selfsorgkampering, kampering met privaat ablusiegeriewe en die vissermanshutte.https://www.madbookings.com/namibia/mile-108-skeleton-coast.htm Die strandkampeerplekke het meer as 170 staanplekke wat met klippe gemerk is.

Die plek dank sy naam aan die feit dat dit 108 myl noord van Swakopmund geleë is.

Verwysings

Sien ook Myl 72

Kategorie:Nedersettings in Namibië Kategorie:Koördinate nie op Wikidata nie Kategorie:Namibië