Aristea lugens is 'n knolagtige geofiet wat tot die genus Aristea behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom vanaf Riebeek-Kasteel en Malmesbury tot by Stellenbosch voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2064 km² en het reeds 90% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en ontwikkeling die afgelope 200 jaar. Daar is net 'n aantal gefragmenteerde bevolkings oor wat in totaal minder as 2500 plante bevat.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

lugens Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika