Verdienste voor rente en belasting (Engels: earnings before interest and tax; EBIT) is 'n maatstaf van 'n firma se verdienste wat alle inkomste en uitgawes insluit, behalwe rente-uitgawes en inkomstebelastinguitgawes.
Bedryfsinkomste en bedryfswins word soms as sinonieme vir EBIT gebruik wanneer 'n firma geen nie-bedryfsinkomste en nie-bedryfsuitgawes het nie.
Formule EBIT = netto-inkomste + rente + belasting = EBITDA – (waardevermindering- en amortisasie-uitgawes) bedryfsinkomste = bruto inkomste – bedryfsuitgawes = EBIT – nie-bedryfswins + nie-bedryfsuitgawes waar EBITDA = verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie
Oorsig 'n Professionele belegger wat 'n verandering in die kapitaalstruktuur van 'n firma oorweeg (bv. deur 'n hefboomuitkoop) evalueer eers 'n firma se fundamentele verdienpotensiaal (weerspieël deur verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (EBITDA) en EBIT), en bepaal dan die optimale gebruik van skuld teenoor ekwiteit (ekwiteitwaarde).
Om EBIT te bereken, word uitgawes (bv. die koste van verkope, verkoop- en administratiewe uitgawes) van inkomste afgetrek. Netto-inkomste word later verkry deur rente en belastings van die resultaat af te trek.
+ Voorbeeld van 'n inkomstestaat (bedrae in duisende) Inkomste Verkope R20 438 Koste van verkope R7 943 Brutowins R12 495 Bedryfsuitgawes Verkoop-, algemene en administratiewe uitgawesR8 172 Waardevermindering en amortisasieR960 Ander uitgawesR138 Totale bedryfsuitgawes R9 270 Bedryfswins R3 225 Nie-bedryfsinkomsteR130 Wins voor rente en belasting (EBIT) R3 355 Finansiële inkomsteR45 Wins voor rente-uitgawes (IBIE) R3 400 Finansiële uitgawesR190 Wins voor belasting (EBT) R3 210 InkomstebelastingR1 027 Netto-inkomste R2 183
Verdienste voor belasting Verdienste voor belasting (Engels: earnings before tax; EBT) is die geld wat deur die firma verdien word voordat die geld wat vir belasting betaal moet word, afgetrek word. EBT neem die geld wat vir rente betaal is in ag. Dit kan dus bereken word deur die rente van EBIT (verdienste voor rente en belasting) af te trek.
Sien ook
Verdienste voor rente, belasting en amortisasie (EBITA) Verdienste voor rente, belasting en waardevermindering (EBITD) Verdienste voor rente, belasting, waardevermindering, amortisasie en herstrukturerings- of huuruitgawes (EBITDAR) Verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (EBITDA)
Verwysings
Kategorie:Rekeningkunde