duimnael|Oekraïense teikens in Rusland op 1 Junie 2025. regs|duimnael|'n Foto van 'n militêre vliegtuig, 'n Tu-95, wat tydens die aanval in Rusland se Olenja-lugbasis deur 'n hommeltuig getref is. Op 1 Junie 2025 het die veiligheidsdiens van Oekraïne (SBU) 'n oorgrensoperasie in Rusland van stapel gestuur met die kodenaam Operasie Spinnerak (Pawoetina, Oekraïens: Операція «Павутина»). Die operasie is die grootste in sy soort tot nog toe om militêre infrastruktuur diep binne Russiese gebied te teiken.
Die operasie het hoofsaaklik gekoördineerde hommeltuigaanvalle behels wat binne Russiese gebied van vragmotors af gelanseer is, met verskeie Russiese lugmagbasisse as teikens: Belaja, Diagilewo, Iwanowo Sewjerni, Olenja en Woskresjensk. Volgens die SBU het hierdie aanvalle gelei tot die vernietiging van meer as 40 Russiese militêre vliegtuie, insluitend strategiese bomwerpers soos die A-50, Tu-95 en Tu-22M's, wat in nagtelike bomaanvalle teen Oekraïense stede gebruik is.
Beplanning Volgens Oekraïense bronne was die operasie "uiters kompleks" en het dit een en 'n halwe jaar jaar van voorbereiding gekos. Dit het onder die persoonlike toesig van Wolodimir Zelenski plaasgevind. Hommeltuie is na Rusland vervoer, na houtlanseerhouers oorgeplaas en toe op vragmotors gemonteer. Aan die begin van die aanval is die dakke van hierdie houers van ‘n afstand oopgemaak en die hommeltuie het na hul teikens gevlieg. Die agente wat die operasie op Russiese grondgebied voorberei het, was na bewering reeds voor die aanvalle ontruim.
Volgens Axios het Oekraïne die administrasie van die Amerikaanse president Donald Trump vooraf ingelig oor die aanvalle op Russiese lugbasisse.
Aanvalle duimnael|'n Russiese Lugmag Toepolef Tu-95. links|duimnael|Die SBU-hoof, Wasil Maljoek, bekyk satellietbeelde van Russiese militêre vliegvelde (kloksgewys: Olenja, Iwanowo Sewjerni, Oekraïnka, Belaja en Diagilewo) en foto's van strategiese bomwerpers Tu-95MS (links) en Tu-22M3. Oekraïense hommeltuie het verskeie Russiese lugmagbasisse geteiken, insluitend Belaja, Diagilewo, Iwanowo Sewjerni en Olenja. Die SBU beweer dat hulle meer as 40 Russiese militêre vliegtuie getref het, insluitend strategiese bomwerpers soos die Tu-160, Tu-95 en Tu-22M's en die lugvaartuig met vroeë waarskuwing en beheer A-50. Die goewerneur van Irkoetsk-oblast het 'n hommeltuigaanval naby Sredni, die ligging van die Belaja-lugbasis, bevestig en beeldmateriaal gedeel wat 'n rookwolk wys. Russiese media het oor die aanval by Olenja berig, maar gesê lugverdediging werk. Na die aanvalle het Russiese amptenare 'n noodtoestand afgekondig met betrekking tot die Engels- en Morozofsk-lugbasis weens 'n moontlike lugbedreiging by daardie basisse. 'n Vyfde aanval – op 'n lugmagbasis naby Woskresjensk in Moskou-oblast – is op dieselfde dag aangemeld.
Verskeie Telegram-kanale het 'n video gepubliseer van 'n beweerde ontploffing in Seweromorsk, waar Russiese kernduikbote gestasioneer is. Die burgemeester van die stad, Wladimir Jewmenkof, het hierdie inligting weerlê en gesê geen dreigemente is opgespoor nie.
Oekraïense bronne beweer die aanvalle het meer as USD$2 miljard se skade veroorsaak.
Die Russiese ministerie van verdediging het erken dat 'n "terreuraanval" plaasgevind het. Russiese media het berig 'n vragmotorbestuurder wat na bewering by die aanval betrokke was, sou deur die polisie ondervra word.
Verwysings
Kategorie:Russiese inval in Oekraïne, 2022