Die gemsbok (Oryx gazella) is 'n groot wildsbok wat in die dor, waterlose gebiede van Afrika aangetref word.

Volwasse gemsbokke het 'n gemiddelde massa van 200 kg en 'n hoogte van ongeveer 120 cm. Die bul het reguit horings wat 'n "V" op sy kop vorm en tot 122 cm lank kan word.

Die koei is telkens 9 maande dragtig, waarna sy aan 'n enkele kalf geboorte gee. Gemsbokke het 'n moontlike lewensduur van 19 jaar.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens alfabet Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bronnelys en verwysings Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. .

Fotogalery

Eksterne skakels

Kategorie:Wildsbokke