Die Toronto-paneelwa-aanval van 2018 ẃas 'n voertuigstampaanval wat op 23 April 2018 in Toronto, Ontario in Kanada plaasgevind het toe die bestuurder van 'n gehuurde paneelwa, die 25-jarige Alek Minassian, in Yongestraat, North York, voetgangers geteiken en 11 gedood het (10 is op die dag van die moord oorlede, en die 11de slagoffer is op 28 Oktober 2021 dood nadat hy van sy nek af verlam is en nooit die hospitaal verlaat het nie. Minassian het 15 mense beseer, sommige ernstig. Die voorval is een van die twee ergste voertuigstampaanvalle in die Kanadese geskiedenis.
thumb|links|230px|Toronto se polisie op die toneel. Aanval Die aanval het begin op die hoek van Yongestraat en Finchlaan en het suidwaarts voortgeduur tot naby Sheppardlaan. Nege van die 11 slagoffers was vroue.
Die aanvaller is net suid van die misdaadtoneel in hegtenis geneem nadat hy uit die paneelwa geklim en probeer selfmoord pleeg het deur so op te tree dat 'n polisieman hom moet skiet. Die inhegtenisneming het plaasgevind sewe minute nadat die eerste noodoproep gemaak is.
Die aanval word deur sommige as vrouehaatterrorisme gekenmerk omdat die motief wraak was vir waargenome seksuele en sosiale verwerping deur vroue. Ten tyde van sy inhegtenisneming het Minassian homself aan die polisie as 'n insel beskryf. Voorheen het hy op sosiale media die komende aanval beskryf as 'n voortsetting van die "inselrebellie" wat deur wyle Elliot Rodger begin is. Minassian het in sy pleitverduideliking beweer hy is nie krimineel verantwoordelik vir die 10 aanklagte van moord en 16 van poging to moord nie, maar is in Maart 2021 op al die aanklagte skuldig bevind.
Regter Anne Molloy het gesê "dit is byna onmoontlik om die presiese motief vir die aanval uit te werk", maar sy aanvaar die getuienis van verskeie kenners dat Minassian moontlik vir die polisie gejok het en dat berugtheid sy hoofmotief was, hoewel vrouehaat en insel-ideologie steeds 'n rol kon gespeel het. Op 13 Junie 2022 is Minassian gevonnis tot lewenslange tronkstraf met geen moontlikheid van parool vir 25 jaar nie.
Verdagte Die polisie het die verdagte geïdentifiseer as Alek Minassian, wat geen vorige misdaadrekord gehad het nie. Sy pa, Vahe, het van Armenië na Kanada verhuis en as sagteware-ontwikkelaar gewerk. Sy ma, Sona, was van Iran en het by 'n IT-maatskappy gewerk.
Minassian is gebore in North York, voorheen 'n onafhanklike stad en nou deel van Toronto. Volgens sy LinkedIn-profiel was hy van 2011 tot 2018 'n student aan die Seneca-kollega in North York. Sy voormalige hoërskoolklasmaats het hom beskryf as "nie uiters sosiaal nie" en "onskadelik". Minassian het 'n spesiale klas vir kinders in die outismespektrum bygewoon. Sy ma het in 2009 in 'n artikel gesê hy het Aspergersindroom gehad.
Laat in 2007 het Minassian vir twee maande by die Kanadese weermag aangesluit, en toe gevra vir vrywillige ontslag. 'n Senior militêre amptenaar het gesê Minassian "het nie by die militêre lewe aangepas nie" en "daar was geen waarskuwingstekens en niks wat op iets soos dié gedui het nie."
Ná die aanval is 'n Facebook-plasing deur Minassian ontdek waar hy sê hy identifiseer as 'n insel ("involuntêre selibaat")."Dit verwys na iemand wat nie 'n seksmaat kan kry nie,Koulouris, Theodore. "Online misogyny and the alternative right: debating the undebatable." Feminist Media Studies (2018): 1–12. en dié subkultuur bestaan hoofsaaklik uit aanlyn gemeenskappe vir mans.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Massamoorde