Die Collier-townshipskietery, ook genoem die Bridgeville-LA Fitness-skietery, was 'n massaskietery en selfmoord wat op 4 Augustus 2009 in 'n LA Fitness-gesondheidsklub in Collier-township, 'n voorstad van Pittsburgh, Pennsilvanië, plaasgevind het. Vier mense is dood, insluitende die aanvaller, George Sodini, wat homself doodgeskiet het. Nege ander mense is beseer.
Die gesondheidsentrum is sowat 16 km suid van Pittsburgh, in die Great Southern Winkelsentrum in Collier-township.
Aanval Die skietery het plaasgevind in 'n aërobiese klas vir vroue in die LA Fitness-sentrum. Volgens die polisie het die skieter by die klas ingeloop, 'n sportsak op die grond geplaas, die ligte afgeskakel en begin skiet. Hy het 52 skote met twee halfoutomatiese pistole afgevuur voordat hy homself met 'n rewolwer in die kop geskiet het. Nog 'n halfoutomatiese pistool, wat in sy sak gevind is, is nie afgevuur nie.George Sodini Posted 2 Web Sites, Online Videos Before Pennsylvania Gym Shooting, ABC News (6 Augustus 2009)
Drie vroue en die skieter is dood, en nege ander mense is gewond.
Skieter George Alfred Sodini (30 September 1960George Sodini, La Fitness shooter (August 5, 2009) – 4 Augustus 2009), 'n 48-jarige stelselontleder by die regsfirma K&L Gates en 'n inwoner van Scott-township, Pennsilvanië, is as die skieter geïdentifiseer. Hy het geskryf oor sy plan om 'n skietery uit te voer en dit die "uitgangsplan" genoem. Hy het ook onthul hy wou vroeër dié jaar 'n skietery uitvoer, maar sy moed het hom begewe.
Volgens sy webtuiste was hy "nooit getroud nie". Hy skryf: "Moontlik sal 99% van die mense wat my ken, nie eens dink dat ek so gek is nie." Sodini het na berig word 'n nota in sy gimsak agtergelaat waarin hy sê hy haat vroue.
Sowat 'n week ná die massamoord is onthul Sodini het op 28 Julie 2009 'n onaktiewe handgranaat saam met hom op 'n bus geneem. Nadat die persoon wat langs hom gesit het die polisie verwittig het, is hy ondervra, maar nie aangekla nie.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Massamoorde