Selektiewe mutisme is 'n angssteuring waarin iemand wat andersins die vermoë het om te praat, nie kan praat wanneer hulle in spesifieke situasies of op sekere plekke kom of met sekere mense te doen kry nie. Een of meer van dié situasies kan 'n trauma veroorsaak. Selektiewe mutisme en sosialeangssteuring kom gewoonlik saam voor.

Mense met die toestand bly gewoonlik stil, selfs as die gevolge van hulle stilte skande, sosiale uitsluiting of straf insluit.

Tekens en simptome Die DSM-5 beskryf selektiewe mutisme (SM) as 'n volhardende probleem om in 'n spesifieke sosiale opset te praat wanneer dit verwag word, soos op skool, ondanks die vermoë om in ander situasies te kan praat. Die simptome moenie tydelik wees nie en moet die persoon se vermoë aantas om in 'n sekere situasie op te tree. Moontlike ander diagnoses moet oorweeg word.American Psychiatric Association (2013). Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (Fifth ed.). Arlington, VA: American Psychiatric Publishing. p. 195. .

SM word met ander angstoestande verbind, veral sosialeangssteuring. Altesaam 100% van deelnemers aan een studie en 97% in 'n ander het ook aan sosialeangssteuring gely. Sommige navorsers spekuleer dus dat selektiewe mutisme dalk 'n strategie is van 'n subgroep kinders met sosialeangssteuring om hulle benoudheid in sosiale situasies te verminder.

Die omvang van selektiewe mutisme is onseker. Weens die swak begrip van die toestand onder die algemene publiek word baie gevalle waarskynlik nie gediagnoseer nie. Geskoei op die aantal aangemelde gevalle word die voorkoms geraam op 1 in 1 000, of 0,1%. In 'n studie van 2002 in The Journal of the American Academy of Child and Adolescent Psychiatry word egter geraam die voorkoms is 0,71%.

Ander simptome Benewens die gebrek aan spraak, sluit simptome onder mense met SM volgens Elisa Shipon-Blum en ander se bevindings die volgende in: Skaamheid, sosiale angs, 'n vrees vir sosiale verleentheid of sosiale isolasie en onttrekking 'n Probleem om oogkontak te behou 'n Uitdrukkinglose gesig en 'n onwilligheid om te glimlag of 'n voortdurende glimlag 'n Probleem om gevoelens uit te druk, selfs teenoor gesinslede 'n Groter geneigdheid tot kommer as by ander mense van dieselfde ouderdom 'n Sensitiwiteit vir geraas en skares

Aan die ander kant is daar ook in baie gevalle positiewe eienskappe:

'n Groter as gemiddelde intelligensie, weetgierigheid of waarneming 'n Sterk sin vir reg en verkeerd Kreatiwiteit 'n Liefe vir die kunste Empatie 'n Sensitiwiteit vir ander mense

Behandeling In teenstelling met wat algemeen geglo word, verbeter selektiewe mutisme nie noodwenig as 'n persoon ouer word nie. Doeltreffende behandeling is nodig dat 'n kind ordentlik ontwikkel. Sonder behandeling kan SM bydra tot depressie, nog angs en ander sosiale en emosionele probleme.Selective Mutism Group: Ask the Doc archives: When do I need to seek professional help for my child?

Behandeling op 'n vroeë ouderdom is dus belangrik. Die presiese behandeling hang af van die persoon se ouderdom, enige ander geestesprobleme, ensovoorts. Ouer mense en dié met depressie het dalk medikasie nodig.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Geestesteurings