Die Heuningnesrivier is 'n rivier geleë in die Overbergstreek in die provinsie Wes-Kaap, in die suidwestelike deel van Suid-Afrika. Die rivier dreineer Soetendalsvlei aan die noordekant, en word deur die Karsrivier aangevul, voor dit in die Indiese Oseaan uitmond. De Mond-natuurreservaat van 918 ha beslaan die mond van die Heuningnesrivier, noord van Struisbaai naby Kaap Agulhas.

Kategorie:Riviere in Wes-Kaap