Die Mount Sheba-natuurreservaat in Mpumalanga beskik oor ‘n fraai en seldsame plant- en dierelewe en onbesoedelde spruite.
Hierdie beskermde gebied van 1110 ha is in die bergpieke 22 km van Pelgrimsrus en bestaan uit steil hellings, digte bosse en valleie. Dus wissel die hoogte bo seespieël tussen die 1375 m en 1950 m. Daarom wissel ook die reënval van kloof tot piek van ‘n gemiddelde 500 mm per jaar tot 1200 mm per jaar. Hierdie bergopvanggebied is die oorsprong van verskeie bergstroompies wat die Blyderivier voed.
In die park is proteas aangeplant vir handelsdoeleindes. Oorblyfsels van gouddelwerye van na 1900 en die ou wapad tussen Pelgrimsrus en Lydenburg is nog sigbaar.
Vanaf aangelegde wandelpaaie kan die groot verskeidenheid voëls, plante en ander diere gesien word. Besondere plante is die Clivia caulescens, Gladiolus varius, Neobolusia wilmsii en die Disa extinctoria. Diere wat teengekom kan word, is die oorbietjie, klipspringer, strandwolf, tierboskat, vaalboskat en die rooiklipkonyn (pronolagus).
Verwysings
Kategorie:Natuurreservate in Mpumalanga