Hagelkraal (selde Haelkraal) is ‘n historiese plaas en nou ‘n boerderystreek noord van Hartenbos en Brandwag in die distrik van Mosselbaai.
Die gebied lê tussen Herbertsdale en Ruiterbos aan die voet van die Outeniquaberge. Vanaf Hagelkraal gaan die ou wapad deur die Attakwaskloof (die Attakwaskloofpas) na die Klein-Karoo.
Vaandrig Isaq Schrijver het die kontrei blykbaar al in 1689 besoek. So vroeg as 1729 het die VOC die leenplaas Hagelkraal as eerste plaas in die omgewing toegeken. Ook vaandrig August Beutler het in April 1752 met ‘n VOC-geselskap onder sy leiding op die plaas aangedoen voor hy deur die Attakwaskloof sy reis na die huidige Oos-Kaap voortgesit het. In 1772 kom Anders Sparrman ook op die plaas aan.
Lees ook Robinsonpas
Bibliografie Burman, Jose: The Little Karoo. Kaapstad: Human & Rousseau, 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel 2. Kaapstad: Tafelberg, 1972. digital.lib.sun.ac.za/handle/10019.2/1446 mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/western-cape/109-hagelkraalpass-mountain-passes-of-south-africa-html