Die 1987 San Marino Grand Prix was 'n Formule Een-motorwedren wat op 3 Mei 1987 by die Autodromo Dino Ferrari, Imola, gehou is. Dit was die tweede wedren van die 1987 Formule Een-seisoen. Dit was die sewende San Marino Grand Prix en dit is oor 59 rondtes van die vyf kilometer lange baan gehou vir 'n renafstand van 297 kilometer.
Die wedren is gewen deur die Britse renjaer Nigel Mansell in 'n Williams FW11B. Dit was Mansell se agtste Grand Prix-oorwinning en sy eerste by die Imola-renbaan. Mansell het 27 sekondes voor die Brasiliaanse bestuurder Ayrton Senna in 'n Lotus 99T geëindig. Derde was die Italiaanse jaer Michele Alboreto wat 'n Ferrari F1/87 bestuur het. Die oorwinning het Mansell 'n voorsprong van een punt in die kampioenskap bo die Franse McLaren-renjaer Alain Prost gegee.
Uitslag Plek Nr. Renjaer Span Rondes Tyd/rede vir uitval Rooster Punte 1 5 Nigel Mansell Williams-Honda 59 1:31:24.076 2 9 2 12 Ayrton Senna Lotus-Honda 59 + 27.545 1 6 3 27 Michele Alboreto Ferrari 59 + 39.144 6 4 4 2 Stefan Johansson McLaren-TAG 59 + 1:00.588 8 3 5 9 Martin Brundle Zakspeed 57 +2 rondtes 14 2 6 11 Satoru Nakajima Lotus-Honda 57 Geen brandstof 12 1 7 10 Christian Danner Zakspeed 57 +2 rondtes 17 8 4 Philippe Streiff Tyrrell-Ford 57 +2 rondtes 20 9 7 Riccardo Patrese Brabham-BMW 57 +2 rondtes 7 10 30 Philippe Alliot Larrousse-Ford 56 +3 rondtes 21 11 17 Derek Warwick Arrows-Megatron 55 Geen brandstof 10 12 21 Alex Caffi Osella-Alfa Romeo 54 Geen brandstof 19
Kategorie:San Marino Grand Prix