Agathosma riversdalensis is 'n klein tot groot struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf Arniston tot by Albertinia voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2300 km² en is deel van die fynbos. Die spesie word bedreig deur indringerplante en die verbouing van dekgras.
Bronnelys Redlist Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
riversdalensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika