duimnael|250px|regs|Die embleem van die gewese Swartland Kommando. Die Swartland Kommando was 'n ligte infanterieregiment van die Suid-Afrikaanse Weermag.

Voor 1994 Struktuur Volgens die Paratus-tydskrif van 1978 was die Swartland Kommando se hoofkwartier gesetel in 'n omgeboude en ingerigte stal op Moorreesburg. Hiernaas het mens nog die onderskeie hoofkwartiere (kompanies) op Malmesbury, Tulbagh, Darling en Moorreesburg gekry. Elke kompanie het weer sy eie peletons gehad wat weer in seksies (ook later selleSAPS: The South African National Defence Force: The Commando System genoem) verdeel is. Die weermagsmanne wat al in die operasionele gebiede diens gedoen het, bemoei hul met offensiewe en defensiewe werk, maar die vrywilligers mag slegs defensiewe werk doen.Paratus. 1978. Swartland Commando: Farmers ready to defend their property and rights. August:12

Die meeste vrywilligers van die Swartland Kommando was boere wat hul tyd opgeoffer het om verdedigingsmetodes aan te leer, sou 'n krisissituasie opduik, maar daar was ook dorpenaars by betrokke. Gewoonlik is die voornemende lede gewerf deur 'n handelsreisiger wat met die gebied en die mense goed bekend was. Sodra daar genoeg belangstellendes was, kon die opleiding begin.

By die opleiding word elkeen van 'n geweer voorsien, al het baie reeds oor hul eie wapens beskik. Elkeen word dan by sy naaste kompanie ingedeel, afhangend natuurlik waar hy bly.

By elkeen van die vier vrywilligerskompanies was daar 'n damesklub by betrokke - meestal was hierdie dames die vroue van die kommandolede self, maar dan was daar ook dié wat eenvoudig uit vrye wil net deelgeneem het aan die klubaktiwiteite of sommer net bietjie handjie bygesit het. Hier was daar opleiding en inligtingsessies aangebied wat betref wapenhantering en skiet, noodhulp (veldverpleging), brandbestryding, terrorisme en kommunisme, maar so ook karate- en selfverdedigingsklasse. Die damesklub sou ook gassprekers nooi soos Elize Botha (die vrou van P.W. Botha, toe nog die Minister van Verdediging) en Betty Robertson, die vrou van Brigadier L.H. Robertson, die bevelvoerder van die Kommandement Westelike Provinsie. Verder word daar ook pakkies en briewe versend na kommandolede in die operasionele gebied (terwyl ouersorg/afhanklikes tuis ook aandag geniet), en fondsinsamelings is gereël om byvoorbeeld nuwe skietbane te bou, of ander geriewe.

In Paratus (Julie 1975), tref mens byvoorbeeld die volgende brief aan van me. Susan Cruywagen van Kleinvlei, Moorreesburg:Paratus. 1975. Briewe: Paratus help die dames hul woord doen! Julie:39

Opleiding vir bruin kommandolede Volgens die Januarie 1980-uitgawe van die Paratus het vyf bruin soldate wat hul jaar vrywillige opleiding by die SA Kaapse Korps Diensbataljon voltooi het en as lede van die Swartland-Kommando operasionele diens verrig het, met hul blanke makkers van die grens af teruggekeer. Hulle is die eerste bruin soldate wat as Kommandolede diens in die Operasionele Gebied verrig het, waar hulle drie maande aan die grens met die blanke makkers werksaam was. Nadat hulle in 1979 hul jaar diensplig as infanteriste voltooi het, het hulle as vrywilligers by die Swartland Kommando aangesluit. Hulle is: Skutters D. Petersen, J. May Tulbagh, C. Hendriks, E. Maarman en S. Arendse van Malmesbury.Paratus. 1980. Kleurling-baanbrekers verrig vrywillige Kommandodiens. Januarie:7

In 1980 (die Cape Times berig hiervan op 18 Julie 1980Sabinet Discovery s.v. "swartland commando") bied die Swartland Kommando by sy hoofkwartier op Moorreesburg opleiding aan wat vier weke duur - dit is die eerste keer dat bruin mense vrywillige opleiding ontvang. Die Swartland Kommando het ook geskiedenis gemaak, lui die Paratus-tydskrif, omdat hy in 1979 die eerste eenheid was wat 'n veelrassige afdeling ('racially integrated contingent') aan diens na die operasionele gebied gestuur het. Hierdie vrywilligers het voorheen geen opleiding ontvang nie en moes opleiding deurmaak wat spesifiek vir deeltydse soldate bedoel is. Die eerste twee weke is afgestaan aan wapenhantering en seremoniële dril. In die laaste twee weke is daar meer toegespits op kaartlees en kamoeflering. Dit was hoofsaaklik blanke instrukteurs van die Kommando self wat die kursus aangebied het, maar instrukteurs van die Kommandement Westelike Provinsie het bystand verleen. Daar was ook bruin instrukteurs betrokke wat al by die Swartland Kommando aangesluit het; onder hulle tel drie wat Desember 1979 hul nasionale diensplig in die Suid-Afrikaanse Kaapse Korps voltooi het; by name inspekteurs-korporaals J. Kamfer, B. Kies en G.G. Strydom.Paratus. 1980. The first group of Coloured volunteers receive Commando training. Oktober:40-41

Heelwat van nuwe rekrute kom juis van die plaas af; ook van hul werkgewers is geesdriftige lede van die Kommando.

Majoor Traut, die kampkommandant en tweede-in-bevel van die Swartland Kommando, het aan Paratus gesê die nuwe rekrute het hul goed van hul taak gekwyt. Daar sal beslis nog sulke kampe wees, want die Swartland Kommando is oorval met aansoeke.

Wetenswaardige gebeurtenisse duimnael|350px|links|Onderskrif in die Paratus-tydskrif (m.b.t. 'Operasie Saai die Skietbaan'): " 'n Paar lede van die Swartland-Kommando ontspan op die trekker waarmee die plantwerk gedoen is, terwyl wrn (weerman) L.C. Fuller van die SAKK (Suid-Afrikaanse Kaapse Korps), die brandstof aanvul." duimnael|450px|regs|Lasfoto uit die dubbelblaaie van die Paratus-tydskrif wat 'Operasie Saai die Skietbaan' uitbeeld (met onvolledige onderskrif): 'Belangstellend word daar na die saad van die koringplanter geloer'. Van links na regs verskyn: Brigadier M. de M. Malan (sersant-majoor, bevelvoerder Kommandement Westelike Provinsie), mnr. H.H. Smit (lid van die Volksraad); mnr. Van Vuuren, tegniese beampte van 'n bekende kunsmismaatskappy; majoor N. Marx, aanvoerder van die Kommando Dienspligtiges van Milnerton wat meegehelp het, en kommandant H.B. Engelbrecht, bevelvoerder van die Swartland Kommando. Operasie Saai die Skietbaan: Swartland Kommandolede en Kommandodienspligtiges van Milnerton het op die Saterdagoggend van 3 Junie 1972 met 'n trekker, koringplanter en saaisakke by die nuwe Wes-Kaaplandse skietbaan aangekom om te begin ploeg, saai en plant. Lupiene- en roggrassaad is op die sanderige oppervlakte van die nuwe skietbaan van omtrent 50 morg groot gesaai. Die uitsluitlike doel was om verwaaiing gedurende die somermaande te keer, maar terselfdertyd ook om as beskerming vir die gras te dien wat later geplant sou word. Die saadjie vir hierdie idee is geplant by die jaarlikse Parlementêre Prysskiet wat op 15 April gehou is. Die baan was gedurende die nasomer baie stowwerig. Daarom het meneer Smit (lid van die Volksraad) brigadier M. de M. Malan (bevelvoerder van die Kommandement Westelike Provinsie) genader met die voorstel om die baan 'n bedekking te gee. Op 21 April 1972 het sowel Brigadier Malan en mnr. Smit die Moorreesburgse Boerevereniging toegespreek - veral omtrent die implikasies van diensplig vir jong boere. Toe het brigadier Malan 'n beroep gedoen dat die skietbaan ontwikkel moet word, "tot een van die mooiste bane in die land". Kommandant H.B. Engelbrecht, die bevelvoerder van die Swartland Kommando, het die lupienesaad by lede van 'n boerevereniging gekollekteer. Die kunsmis is weer verkry van twee bekende kunsmismaatskappye deur die bemiddeling van mnr. H.H. Smit, lid van die Volksraad. Paratus skryf dat juis die aand na die saaiery goeie reëns uitgesak het en mooi saamgewerk het. Sodra daar boorgatwater beskikbaar is, so is beplan, sou daar bome aangeplant word.Paratus. 1972. Spanwerk: Saai op die Skietbaan. Augustus: 26-27.

In die Maart 1987-uitgawe van Paratus word berig van 'n bomscenario wat op Moorreesburg getoets is: Operasie Samoa. Onder andere kry 'n plaaslike winkel om 08:15 'n bomdreigement en die ontruiming van die winkels wat daarmee gepaard gaan. Om 08:30 kry die Suid-Afrikaanse Polisie weer 'n oproep oor 'n brand by 'n brandstofdepot. En vyf minute later is daar 'n ontploffing by 'n plaaslike laerskool waarin talle leerlinge dood of beseer is. By die oefeninge was nie alleen die polisie, brandweer, Swartland Kommando en die Afdelingsraad betrokke nie, maar ook die inwoners van Moorreesburg het met geesdrif meegedoen. Moorreesburg het een van die eerste dorpe geword wat vir sy paraatheid 'n A-gradering in Burgerlike Beskerming gekry het, ten spyte van 'n paar foutjies en enkele misverstande wat deur die geharwar veroorsaak is.Paratus. 1987. Bom! Dorp wys wat gedoen kan word. Maart: 22.

Ná 1994 Iets wat die Kommando ingrypend sou aantas is die rasionalisering (besuiniging en geldbesnoeiing) van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.Col L B van Stade, Senior Staff Officer Rationalisation, SANDF (1997). "Rationalisation in the SANDF: The Next Challenge". Institute for Security Studies.

By 'n vergadering op 17 Oktober 2001 spreek Luitenant-Kolonel Van der Westhuijzen van die Swartland Kommando die komitee aan, en moet redes verstrek waarom die staat meer geld aan die kommando's moet bewillig. Hier volg van die inligting in die notules.Role of Territorial Forces/Commamdos: hearings | PMG

Van der Westhuijzen het ten eerste genoem die hooffunksie van die kommando is om die agterhoede te dek wanneer vyandelike magte op die Suid-Afrikaanse grense beveg word. Voorts moet infrastruktuur soos paaie en fabrieke beskerm word, asook die burgers. Dit is so dat Suid-Afrika tans met niemand in 'n oorlog gewikkel is nie, maar as mens na die VSA kyk wat skielik alle eenhede op 'n hoog-gereedheidsgrondslag geplaas het na afloop van 11 September 2001, en net soos mens 'n siekefonds of versekering nodig het omdat jy nie weet wanneer jy dit nodig gaan kry nie - net so is die staat ook van kommando's afhanklik, op kort kennisgewing.

Ten tweede is die kommando se opdrag om die SAPD te onderskraag ten einde wet en orde te handhaaf, veral waar party polisiestasies op die platteland om 16:00 die middag sluit. Laastens moet bystand tydens rampe verleen word - omdat hulle met die mense en omgewing vertroud is, maak dit hulle hoogs doeltreffend.

Die staat daarenteen, volgens Van der Westhuijzen, is nie veel gepla oor hul lot nie. Die kommando's moet aan die agterspeen suig sodra toerusting aan die hoofweermagseenhede uitgedeel word - iets wat dit bitter moeilik maak om professioneel op te tree in hul administratiewe en operasionele hoedanigheid. Om ook as rassistiese of "Boere"-organisasies in die openbaar gebrandmerk te word, help ook nie veel nie.

Die volgende probleme is geopper:

daar is (roep)radio's wat in die militêre basisse se store rondlê, wat ongebruik gelaat word. diegene wat veronderstel is om die staat konstant omtrent die eenhede in te lig, weet bloedweinig van hulle doen en late af. voertuie word na ander lande verkwansel, terwyl die kommando-eenhede hulle benodig in sekere tydskrifte word dit byna verheerlik hoe die eenhede om oorlewing moet spartel; maar in die hofsake kom dit uit dat baie aantygings van oortredings wat teen hulle ingebring is, vals is.

Me. Kota van die ANC het gevra hoe hulle die privaatmagte se samewerking gaan kry, terwyl mnr. Ndlovu van die IFP weer daarop gesinspeel het die kommando's voer dus aan die meeste misdadigers is swart, omdat die swartes die meerderheid van die land uitmaak.

Van der Westhuijzen het geantwoord daar is nog nie met privaatmagte saamgewerk nie, en wat die misdaadstatistiek betref - daar word nie gediskrimineer nie. Sowel blankes as swartes word aangekeer waar oortree word. As daar egter meer van een rassegroep in 'n area voorkom, is dit net rekenkundig logies dat meer misdade en arrestasies van die betrokke groepe gaan voorkom.