duimnael| 'n Oosvaarder van die Britse Oos-Indiese Kompanjie ( Peter Monamy, ong. 1720) Oosvaarders was handelskepe wat gehuur is deur of onder lisensie vir Europese handelsmaatskappye gewerk het, wat tussen die 17de en 19de eeue met die Oos-Indiese Eilande handel gedryf het. Die term is algemeen gebruik om te verwys na vaartuie wat aan die Britse Oos-Indiese Kompanjie (BOIK), die Verenigde Oos-indiese Kompanjie (VOC), die Franse Oos-Indiese Kompanjie, die Deense Asiatiese Kompanjie, die Sweedse Oos-Indiese Kompanjie, die Oostenrykse Oos-Indiese Kompanjie of die Portugese Oos-Indiese kompanjie behoort het.

Verskeie Oosvaarders wat deur die BOIK gehuur is, het as klippers bekend gestaan.Villiers, A. 1966. The Cutty Sark: Last of a glorious era. Londen: Hodder & Stoughton, bl. 5. Die BOIK het 'n monopolie gehad wat Elizabeth I in 1600 aan hom verleen het vir alle Engelse handel tussen die Kaap die Goeie Hoop en Kaap Hoorn. Hierdie toekenning is geleidelik in die laat 18de en vroeë 19de eeu verminder, totdat die monopolie in 1834 ten einde geloop het. Die BOIK se Oosvaarders het gewoonlik tussen Engeland, die Kaap die Goeie Hoop en Indië gevaar, waar hul primêre bestemmings die hawens van Bombaai, Madras en Kolkata was.

Die BOIK se Oosvaarders het dikwels tot so ver as China gevaar voordat hulle via die Kaap die Goeie Hoop en Sint Helena na Engeland teruggekeer het. Toe die BOIK sy monopolie verloor, is die skepe van hierdie ontwerp verkoop. Die Blackwell-fregat, 'n kleiner, vinniger skip, is vir die handel gebou, aangesien die behoefte afgeneem het om swaar wapentuig saam te dra.

Beskrywing van die seilvaartuie en die handel duimnael| 'n Model van Finland, 'n Oosvaarder van die Sweedse Oos-Indiese Kompanjie Oosvaarders het sowel passasiers as goedere vervoer en was gewapen om hulself teen seerowers te verdedig. Aanvanklik is Oosvaarders gebou om soveel vrag moontlik te dra, en daar is dus op spoed ingeboet.UK Tea and Infusions Association. 2025. Tea clippers. Geraadpleeg op 24 April 2025. Omdat die BOIK 'n monopolie gehad op handel met Indië en China, kon geen ander maatskappy enigiets wettig van hierdie lande af invoer nie. Gevolglik was die BOIK selde haastig om hul goedere te vervoer.

Oosvaarders was die grootste handelskepe wat gereeld gedurende die laat 18de en vroeë 19de eeue gebou is, en het gewoonlik 'n houvermoë van tussen 1 100 en 1 400 draton (Engels: ton burthen (bm)) gemeet. Twee van die grootste Oosvaarders was die Graaf van Mansfield en Lascelles, wat in 1795 by Deptford gebou is. Die Britse Koniklike Vloot het albei gekoop, hulle na 56-kanon-vierdevlak skepe omgeskakel en onderskeidelik Weymouth en Madras herdoop. Hulle het 1 426 draton (bm) gemeet op afmetings van ongeveer 175 voet (algehele lengte van romp), 144 voet (kiel), 43 voet (dwarste) en 17 voet diepgang.

In Engeland het koningin Elizabeth I in 1600 'n eksklusiewe reg op die handel aan die BOIK verleen – 'n monopolie wat tot 1834 geduur het. Die maatskappy het gegroei om meer as die handel tussen Engeland en Indië in te sluit, maar die skepe wat in hierdie artikel beskryf word, is die tipe wat in die 17de tot die vroeë 19de eeue gebruik is om handelsware te vervoer. links|duimnael| Die Britse Oosvaarder General Goddard het op 14 Junie 1795 sewe Oosvaarders van die VOC gevange geneem. Tydens die Franse Rewvolusionêre en Napoleontiese Oorloë is Oosvaarders dikwels geverf om soos oorlogskepe te lyk; 'n aanvaller kon nie seker wees of geweerpoorte eg of bloot geverf was nie, want sommige Oosvaarders het inderdaad aansienlike wapentuig gedra. Die Koninklike Vloot het verskeie Oos-Indiëmanne bekom, wat hulle in linieskepe van vierde rang (Engels: fourth-rate ships of the line) omgebou het (byvoorbeeld Weymouth en Madras, hier bo beskryf), om militêre skepe te verwar wat handelskepe as oorlogsbuit soek. In sommige gevalle het die Oosvaarders aanvalle deur die Franse suksesvol beveg. Een van die mees gevierde van hierdie voorvalle het in 1804 plaasgevind toe 'n vloot Oosvaarders en ander handelsvaartuie onder kommandant Nathaniel Dance suksesvol teen 'n plunderende armada onder bevel van admiraal Linois in die Indiese Oseaan in die Slag van Pulo Aura geveg het.

As gevolg van die behoefte om swaar kanonne te dra, was die rompe van Oosvaarders – soos die meeste oorlogskepe destyds – baie breër by die waterlyn as by die boonste dek, sodat kanonne wat op die boonste dek gedra is, nader aan die middellyn was om stabiliteit te bewerkstellig. Dit staan as inkromming bekend (Engels: tumblehome). Skepe het gewoonlik twee volledige dekke vir akkommodasie binne die romp en 'n verhoogde kampanjedek gehad. Die kampanjedek en die dek daaronder was verlig met galerye van vierkantige vensters aan die agterstewe. Om die gewig van dié galerye te ondersteun, was die romplyne na die agterstewe voller. Latere skepe wat sonder hierdie kenmerk gebou is, kon vinniger te seil, wat die Oosvaarders kommersieel benadeel het toe die behoefte aan swaar bewapening begin afneem.

Skepe vir die Indië-China-handel Volgens die historikus Fernand Braudel is van die beste en grootste Oosvaarders van die laat 18de en vroeë 19de eeue in Indië gebou. Dit het Indiese skeepsboutegnieke ingespan en Indiërs as bemanningslede gebruik. Die rompe was gebou uit Indiese kiaat, wat veral geskik was vir plaaslike waters. Dié skepe is vir die China-vaart gebruik. Tot die koms van stoomskepe is hierdie Indies-geboude skepe byna uitsluitlik deur die Britte in die oostelike seë gebruik. Honderde Indiese Oosvaarders is vir die Britte gebou, tesame met ander skepe, insluitend oorlogskepe. Onder hulle was Surat Castle (1791), 'n skip van 1 000 draton (bm) met 'n bemanning van 150, Lowjee Family, van 800 draton (bm) en 'n bemanning van 125, en Shampinder (1802), van 1 300 draton (bm).Braudel, F. 1979. The perspectives of the world: Civilization & capitalism, 15th–18th century. Volume 3. Harper & Row, bl. 506.

Noemenswaardige skepe Nog 'n belangrike Oosvaarder in hierdie tydperk was die 1 176-draton (bm) Warley, wat John Perry in 1788 by sy Blackwall-werf gebou het, en wat die Koninklike Vloot in 1795 gekoop en tot Calcutta herdoop het. In 1803 is die skip as 'n transportskip in diens geneem om 'n nedersetting in Port Phillip in Australië te vestig, wat later deur 'n begeleidende skip, die Ocean, na die terrein van die huidige Hobart in Tasmanië verskuif is. Franse magte het Calcutta in 1805 naby die Scilly-eilande verower. Calcutta het in 1809 tydens die Slag van die Baskiese Paaie gestrand en is deur die Britte vernietig nadat die Franse bemanning die skip verlaat het.

Die 1 200-draton (bm) Arniston is ook deur die Koninklike Vloot as 'n troepedraer tussen Brittanje en Ceylon gebruik. In 1815 het die skip naby Kaap Agulhas gestrand met die verlies van 372 lewens. Die ramp is veroorsaak deur 'n navigasiefout weens 'n onakkurate gegisbestek en die gebrek aan 'n mariene chronometer waarmee die skip se lengtegraad bereken kon word.

Einde van die era duimnael| Die Oosvaarder Asiëa, ongeveer 1836 Met die toenemende beperking van die monopolie van die BOIK het die behoefte na sulke enorme gewapende skepe vir kommersiële gebruik afgeneem. In die laat 1830's is kleiner, vinniger skepe vir Indië- en China-handel gebou, wat as die Blackwell-fregatte bekend gestaan het. Die laaste van die Oosvaarders was glo die Java (1813–1939), wat 'n steenkoolskip geword het en later opgebreek is.

'n Skip genaamd Lalla Rookh was betrokke by 'n voorval in November 1850 naby Worthing, Wes-Sussex, waarin baie plaaslike mans gesterf het nadat hul reddingsboot omgeslaan het. Die Lalla Rookh is beskryf as 'n Oosvaarder wat suiker en rum van Pernambuco, Brasilië, gebring het.Macleay Argus. 1897. Tragic story of the sea. 30 Januarie, No. 713, bl. 2. New South Wales, Australië. Geraadpleeg op 29 April 2025 via die Nasionale Biblioteek van Australië.Newcastle Guardian and Tyne Mercury. 1850. Maritime Intelligence. 30 November, No. 251, bl. 8. Newcastle-upon-Tyne. The Argus (Brighton). 2000. Maritime mystery comes to light. 7 July 2000. Geraadpleeg op 29 April 2025.Blann, R. 2025. Worthing Lifeboat Town: Timeline. Geraadpleeg op 29 April 2025.

In die literatuur

Die Slag van Pulo Aura word in Patrick O'Brian se roman HMS Surprise uitgebeeld, met die Franse admiraal Linois wat 'n groot vloot Oosvaarders agternasit. In die roman organiseer Surprise onder leiding van kaptein Aubrey die koopvaarders om Linois en sy eskader te verslaan. In die geskiedenis was al die skepe wat die Franse eskader verslaan het koopvaarders. Die Black Pearl in die rolprentreeks Pirates of the Caribbean is op 'n Oosvaarder gebaseer. In die Aubrey-Maturin-reeks is Oosvaarders by baie van die romans betrokke, insluitend die tweede wat tydens die Vrede van Amiens afspeel en waarin sommige van die matrose op Oosvaarders gedien het. In van die ander romans onderskep Aubrey vyandelike skepe wat die handelskepe belemmer, waarvoor hulle hom dankbaar is. Stuart Turton se 2020-roman The Devil and the dark water speel hoofsaaklik in 1634 op 'n Nederlandse Oosvaarder af. In Jane Austen se 1814-roman, Mansfield Park, is een van Fanny Price se broers 'n midskipper op 'n Oosvaarder.

Uitgesoekte voorbeelde NaamNasionaliteitLengte (m)Ton (mb)DienstydperkLotNotasAdmiral GardnerBrits448161797–1809GestrandDit het gestrand by Goodwin Sands, en een matroos is dood. Die wrak is in 1985 opgespoor en 'n hele aantal (meestal koper-)munte herwin.AgamemnonBrits1855AlbemarleBrits ? ? ?–1708GestrandDie skip het naby Polperro, Cornwall, gestrand, met 'n vrag van diamante, koffie, peper, sy en indigo. Die skip het heeltemal verlore gegaan en bittermin van die vrag is herwin. Daar word egter gedink dat die meeste van die bemanning die ramp oorleef het. Die wrak se ligging is steeds onbekend.<i id="mw-Q">Amsterdam</i>Nederlands42,51 1001749GestrandDit het tydens die nooiensvaart gestrand. Die wrak is steeds met laaggety sigbaar naby Bulverhythe, Bexhill-on-Sea, en is blykbaar die bes bewaarde wrak weens die fyn dryfsand wat dit bedek. Dit word ingevolge Briste wetgewing beskerm. Dit is gevaarlik om te besoek weens die dryfsand.ArnistonBrits541 2001794–1815Skripbreuk gelyDie het skipbreuk gely weens 'n lengtegraadnavigasiefout omdat die skip nie 'n chronometer aan boord gehad het nie.Hall, B. 1862. The Lieutenant and Commander. Bell and Daldy. Slegs 6 van die 378 mense aan boord het oorleef.Raikes, H. 1846. Memoir of the life and services of Vice-Admiral Jahleel Brenton. Hatch & Son, bl. 527. Die seevakansiedorp Arniston (Waenhuiskrans) in die Wes-Kaap is na die wrak vernoem.AtlasBrits50,51 2671813–1830OpgebreekDie skip het aan die einde van sy laaste reis in Augustus 1830 in Gravesend aangekom en is in Mei 1831 aan C. Carter verkoop om opgebreek te word. Carter het £4 100 vir die Atlas betaal, wat nie 'n groot bedrag was nie, veral aangesien 'n beduidende deel van die waarde in die meubulering gelê het.BataviaVerenigde Oos-Indiese Kompanjie56,61 2001628–1629GesinkDit het 'n rif naby Beaconeiland aan die Wes-Australiese kus getref, maar die meeste van die passasiers en matrose het 'n nabygeleë eiland bereik. Die skeepswrak en vele artefakte is in 1970 herwin.BredenhofVerenigde Oos-Indiese Kompanjie418501746–1753GesinkDit het op 6 Junie 1753 op 'n rif sowat 13 myl van die Afrikakus gestrand geraak. Die vrag van 30 kratte silwer- en goudstawe is in 1986 herwin. Bonhomme RichardFrankryk/VSA469981779GesinkDie skip het as die Duc de Duras aan die Franse Oos-Indiese Kompanjie behoort, maar is aan die rewolusionêre in die VSA geskenk. Dit is tydens die Rewolusie-oorlog in die VSA gesink. CandiaVerenigde Oos-Indiese Kompanjie45,72