Alpha Males (Spaans: Machos Alfa) is 'n Spaanse komedie vir televisie wat vir Netflix geskep is deur die broer en suster Alberto en Laura Caballero. Van die hoofakteurs is Fernando Gil, Raúl Tejón, Gorka Otxoa en Fele Martínez. Die reeks is deur die Caballero's se eie produksiemaatskappy, Contubernio Films, vervaardig.

Die première was op 30 Desember 2022. Dit is daarna vir 'n tweede en 'n derde reeks hernu.

Storielyn Die reeks gaan oor vier mansvriende in hulle 40's wat begin agterkom hulle manlike voorregte verdwyn as gevolg van sosiale veranderings en die bemagtiging van vroue. Hulle moet noodgedwonge aanpas, elk op sy eie manier.

In die eerste seisoen loop hulle 'n kursus in "gedekonstrureerde manlikheid" en die manier waarop dit hulle waarnemings verander, is 'n deurlopende tema in die reeks.

Hoofakteurs Fernando Gil as Pedro Aguilar, 'n TV-vervaardiger en die rykste van die vier vriende. Sy lewe word op sy kop gekeer toe hy afgedank word ten gunste van 'n vrou. María Hervás as Daniela Galván, 'n suksesvolle bïnvloeder en Pedro se meisie. Raúl Tejón as Raúl Camacho, 'n restaurateur. Hy is die mees onvolwasse van die vier en sy manlikheid word aangetas toe Luz vra of hulle 'n oop verhouding kan hê. Kira Miró as Luz, 'n geskeide prokureur en Raúl se meisie. Sy is baie intelligenter, suksesvoller en avontuurlustiger as Raúl, en dit veroorsaak probleme in hulle verhouding. Gorka Otxoa as Santi, 'n opgeleide argitek wat verveeld is met sy werk as opnemer. Sy dogter, Álex, reël dat hy op verskeie Tinder-afsprake gaan om hom te help kom oor sy eksvrou, Blanca. Paula Gallego as Álex, Santi en Blanca se 17-jarige dogter. Sy is intelligent en oopkop oor eks. Fele Martínez as Luis Bravo, 'n polisieman wat meestal met verkeersoortredings te doen kry. Raquel Guerrero as Esther, Luis se vrou en die ma van sy twee kinders. Sy hou nie van haar werk as bestuursinstrukteur nie en is gefrustreerd oor die afname in haar sekslewe. Víctor Massán as Diego, die groep se "gay vriend" Paloma Bloyd as Irene, 'n feministiese joernalis wat in die derde seisoen Santi se liefdesbelangstelling word. Begoña Maestre as Virginia, Pedro se nuwe baas in die derde seisoen wat as uitvoerende beampte van die maatskappy oorneem nadat hy gedemoveer is.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Spaanse televisiereekse