Varkgriep verwys na griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomiksovirusse wat endemies is tot varke. Varkgriepgeslagslyne wat tot op hede geëien kon word is geklassifiseer as óf influensa C-virus of een van die verskeie subtipes van die genus influensa A-virus.
duimnael|links|Varke kan draers wees van griepvirusse wat aangepas is tot mense en ook ander wat aangepas is tot voëls, wat dit moontlik maak vir die virusse om gene uit te ruil en sodoende ontstaan 'n lyn van pandemiese virusse Varkgriep, anders as voëlgriep, kan deur mens-tot-mens-kontak versprei word.http://www.cnn.com/2009/HEALTH/04/25/swine.flu/index.html
Dit is bekend dat varkgriep veroorsaak word deur Influensa A subtipes H1N1, H1N2, H3N1 en H2N3.
In varke kom drie influensa A-virus subsoorte voor (H1N1, H3N2 en H1N2) wat wêreldwyd sirkuleer. Dit is bekend dat die griep tot dusver verantwoordelik was vir die sterftes van om en by 81 mense met ingang 26 April 2009 hoofsaaklik in Meksiko en die VSA. In Suid-Afrika bestaan daar kommer dat die virus nie spoedig opgespoor gaan word nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie bestempel die virus as 'n noodgeval.http://www.dieburger.com/Stories/News/World/19.0.1493869021.aspx – Artikel in Die Burger.
Die naam varkgriep skep wêreldwyd verwarring. Rusland, Indonesië en nog ander lande het die invoer van varkvleis verbied, maar varkgriep kan nie deur varkprodukte versprei word nie, aangesien die virus nie deur voedsel oorgedra word nie.https://www.cdc.gov/flu/swineflu/ - Information on Swine/Variant Influenza, Centers for Disease Control and Prevention. Besoek 19 Julie 2019.
Varkgriep is algemeen onder varke en seldsaam in mense. Mense wat met varke werk (veral mense met 'n hoë mate van blootstelling) kan varkgriep opdoen as die variant in staat is om mense te besmet. Hierdie variasies kan gewoonlik egter nie van mens tot mens oorgedra word nie. Af en toe kan die varkgriepvirus egter muteer na 'n vorm wat maklik van mens tot mens oorgedra kan word. Daar word vermoed dat die virus wat die varkgriepuitbraak van 2009 veroorsaak het so 'n mutasie ondergaan het.http://www.who.int/mediacentre/news/statements/2009/h1n1_20090427/en/index.html Die virus wat verantwoordelik is vir die uitbraak van 2009 is varkgriep genoem vanweë die feit dat een van die proteïene op die oppervlak daarvan ooreenstem met die virus wat gewoonlik varke aantas, maar dis nog onbekend of dié spesifieke variant varke aantas.
In mense is die simptome tipiese simptome van griep- en verwante siektes, naamlik kouekoors, koors, seer keel, spierpyne, erge hoofpyn, hoes, tamheid en algemene ongemak. Die variant verantwoordelik vir die 2009-uitbraak veroorsaak in die meeste gevalle slegs ligte simptome en die aangetaste persoon herstel binne 'n paar dae.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Virussiektes Kategorie:Varke