Metalasia bodkinii is 'n struik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die Swartberge naby Caledon voor. Die plant is deel van die fynbos en kom op hoogtes van 700-900 m voor. Die spesie is die eerste keer in 1894 by twee plekke ontdek en eers weer in 2007 herontdek. Die plant word bedreig deur indringerplante soos denneboom en hakea spesies.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World

bodkinii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika