Metalasia galpinii is 'n halfstruik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die Langeberg naby die Garciapas voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 150 km² en daar is vyf bevolkings bekend. Die plant is deel van die fynbos en kom op hoogtes van 350-750 m voor. Die plant word bedreig deur indringerplante en onwettige versameling.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World
galpinii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika