Behind Her Eyes is 'n Britse bonatuurlike, noir, sielkundige rillerreeks vir televisie wat deur Steve Lightfoot geskep is. Dit is geskoei op die roman met dieselfe naam deur Sarah Pinborough.
Die donker verhaal vol verrassende kinkels het op 17 Februarie 2021 op Netflix begin wys.
Die hoofakteurs is Simona Brown, Tom Bateman, Eve Hewson en Robert Aramayo. Tyler Howitt vertolk die rol van die jong seun Adam.
Hoofakteurs Die hoofakteurs in die reeks is: Simona Brown as Louise Barnsley Eve Hewson as Adele Ferguson (née Campbell) Tom Bateman as dr. David Ferguson Robert Aramayo as Rob Hoyle Tyler Howitt as Adam
Storielyn
Louise is 'n enkelma wat 'n verhouding met haar nuwe baas, die Skot David, aanknoop. Terselfdertyd maak sy vriende met David se vrou, Adele. Dit verander in 'n donker, sielkundige verhaal vol vreemde openbarings, terwyl Louise haar bevind in 'n gevaarlike web van geheime waarin niemand is wat hulle voorgee nie.
Episodes
Ontvangs Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 62% gekry, met 'n gemiddelde punt van 5,7/10, gebaseer op 37 resensies. Op Metacritic het dit 'n punt van 54 uit 100 gekry, gebaseer op 15 resensies, wat dui op 'n "gemengde of gemiddelde" ontvangs.
The Guardian skryf in 'n resensie: "Wie het geweet liefdesdriehoeke kan so vervelig wees?". Die koerant het dit twee sterre gegee. Rolling Stone het geskryf "Netflix se nuwe erotiese riller vernietig homself met 'n reeks onnodig mal kinkels". The Independent het dit ook twee sterre gegee.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Britse televisiereekse