Metalasia cephalotes is 'n blomdraende halfstruik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Die plant kom in die berge rondom die Paarl, Franschhoek en Stellenbosch voor insluitend die Hottentots-Hollandberge. Dit groei op berghellings op hoogtes van 300 - 1200 m en is deel van die fynbos. Die spesie staan ook bekend as die rooiblombossie.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
cephalotes Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika