Die blombos (Metalasia fastigiata) is 'n blomdraende halfstruik wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Die plant kom van Calvinia en Nieuwoudtville, suidwaarts tot by Wellington voor. Dit is veral volop in die Olifantsrivierberge en rondom Piketberg.

Dit groei in sanderige grond vanaf 700-1100 m en is deel van die fynbos. Die spesie staan ook as die donkiebos bekend.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

fastigiata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika