duimnael|links|Shanghai Airlines se hoofkwartier by die Shanghai Hongqiao Lughawe, wat hulle deel met hul moeder-maatskappy China Eastern Airlines Shanghai Airlines is 'n lugredery met sy hoofkwartier in Shanghai en 'n volfiliaal van China Eastern Airlines. Shanghai Airlines bedryf plaaslike en internasionale dienste. Die logo is 'n wit kraanvoël op 'n rooi vertikale stertvin. Die lugredery bedryf vlugte vanaf Shanghai Pudong Internasionale Lughawe en Shanghai Hongqiao Internasionale Lughawe wat albei in Shanghai geleë is. Die lugredery is 'n geaffilieerde lid van die SkyTeam-lugrederyalliansie met sy moedermaatskappy China Eastern Airlines wat 'n volle lid van die alliansie is.
Galery
Verwysings
Kategorie:Lugrederye