Die Angolese nasionale sokkerspan (Portugees: Seleção Nacional de Futebol de Angola) verteenwoordig Angola in internasionale sokker en word beheer deur die Angolese Sokkerfederasie (Federação Angolana de Futebol). Die span is sedert 1980 'n lid van FIFA en die Konfederasie van Afrikasokker (CAF).

Angola het aan sy eerste en tot dusver enigste Wêreldbeker-toernooi in 2006 deelgeneem, waar hulle in die groepfase uitgeskakel is nadat hulle teen die ou koloniale mag Portugal verloor het en met Meksiko en Iran gelykop gespeel het. Die span het ook verskeie kere aan die Afrikanasiesbeker deelgeneem, met hul beste prestasie in 2008, 2010 en 2023 toe hulle die kwarteindrondte gehaal het.

Verwysings

Eksterne skakels Lys van wedstryde

Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in Angola