Die Populêre Front vir die Bevryding van Palestina (PFBP) (Engels: Popular Front for the Liberation of Palestine (PFLP); Arabies: الجبهة الشعبية لتحرير فلسطين, geromaniseer: al-Jabha ash-Shaʿbiyya li-Taḥrīr Filasṭīn) is 'n sekulêre Palestynse Marxistiese-organisasie wat as 'n revolusionêre sosialistiese organisasie in 1969 deur George Habash gestig is. Dit was deurgaans die tweede grootste van die groepe wat die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PLO) gevorm het, en die grootste is Fatah.

Die PFLP het oor die algemeen 'n harde standpunt ingeneem oor Palestynse nasionale aspirasies en teen die meer gematigde standpunt van Fatah. Dit erken nie Israel nie en bevorder 'n eenstaatoplossing vir die Israelies-Palestynse konflik. Die militêre vleuel van die PFLP word die Abu Ali Mustafa Brigades genoem.

Die PFLP het in die laat 1960's en vroeë 1970's aanvangswerk gedoen tov gewapende vliegtuigkapings. Meer onlangs het die groep saam met Hamas en ander geallieerde Palestynse faksies aan die Israel-Hamas-oorlog (2023–hede) deelgeneem. Dit is aangewys as 'n terroriste-organisasie deur die VSA, Japan, Kanada, en die EU.

Ahmad Sa'adat, wat in 2006 tot 30 jaar in 'n Israeliese tronk gevonnis is, dien sedert 2001 as Algemene Sekretaris van die PFLP. Vanaf 2025 boikot die PFLP deelname aan die PLO Uitvoerende Komitee en die Palestynse Nasionale Raad.

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van Palestina Kategorie:Terrorisme