Club Internacional de Fútbol Miami (Miami Internasionale Sokkerklub), algemeen na verwys as Inter Miami (Spaans: Inter de Miami), is 'n Amerikaanse professionele sokkerklub gebaseer in die Miami-metropolitaanse gebied. Die klub ding mee in Major League Soccer (MLS) as 'n lid van die Oostelike Konferensie. Inter Miami speel hul tuiswedstryde in die Chase-stadion, met planne om in 2026 na Miami Freedom Park te verhuis.

Die klub het internasionale aandag gekry voor hul stigting vanweë mede-eienaar David Beckham, wat ook dien as die klub se president, en weer in 2023 met die ondertekening van die Argentynse ster-speler en wêreldkampioen Lionel Messi.

Verwysings

Kategorie:Florida Kategorie:Sokker in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Sokkerklubs in Noord-Amerika