SzczecinStettin 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land 20px|border Pole Woiwodskap 20px|border Wes-Pommere Distrik Selfregerende stad Koördinate  Stigting 8ste eeu  Stadstatus 1243  Oppervlakte:    - Totaal 300,55vk km  Hoogte bo seevlak 1 m Bevolking:    - Totaal (30 Junie 2014) 408 105  - Bevolkingsdigtheid 1 346,2/vk km  - Metropolitaanse gebied 777 000 Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Stadspresident Piotr Krzystek Amptelike Webwerf www.szczecin.pl

Szczecin (Pools: [ˈʃtʃɛtɕin] , Duits: Stettin , Sweeds: Stettin, Latyn: Stetinum, Afrikaans: Stettyn) is die hoofstad van die Poolse woiwodskap Wes-Pommere (Zachadniopomorskie). Szczecin is sowat 120 kilometer noordoos van Berlyn aan die Oderrivier se uitmonding in die Szczecin-strandmeer geleë.

Die stad met meer as 400 000 inwoners word net soos Parys deur strate gekenmerk wat vanaf die middestad radiaal uitwaarts beweeg. Ook die groot aantal parke verleen 'n besonderse atmosfeer aan Szczecin. Die heropgeboude Renaissance-kasteel, wat op 'n heuwel geleë is, is een van die belangrikste besienswaardighede in die hawestad.

Alhoewel Szczecin sowat 65 kilometer van die Oosseekus af geleë is, het hier oor die eeue 'n beduidende seehawe en een van die grootste skeepsboubedrywe ter wêreld ontwikkel.

Geskiedenis duimnael|links|Szczecin se historiese binnestad aan die Oderrivier duimnael|links|Ou en nuwe geboue in die binnestad van Szczecin Die huidige stad het sedert die 10de eeu uit 'n klein Slawiese markdorp ontwikkel. Die vestiging van Duitse setlaars het aanleiding tot vinnige groei gegee, en in 1243 het Szczecin stadstatus volgens die Maagdenburgse Reg gekry. In 1272 het Szczecin by die Hansebond aangesluit. Die stad het tussen 1295 en 1637 as regeringsetel van die Pommerse hertoë gedien. In 1648 het dit onder Sweedse en in 1720 onder Pruisiese bewind gekom. Vanaf 1815 was Szczecin die administratiewe hoofstad van die Pruisiese provinsie Pommere. Die stad het in 1945 onder Poolse bewind gekom.

Vandag is Szczecin die sewende grootste stad van Pole en – saam met sy voorhawe in Świnoujście – een van die belangrikste hawens in die Oosseegebied. Naas 'n universiteit wat in 1984 gestig is, 'n aantal ander tersiêre onderwysinstellings en kulturele instellings soos teaters en museums het Szczecin skeepsbouwerwe, swaar nywerhede (veral ysterfabrieke), asook masjienbou-, metaal-, tekstiel-, papier-, meubel-, chemiese en elektrotegniese nywerhede. Die plaaslike visserybedryf en voedselverwerking speel eweneens 'n belangrike rol in die plaaslike ekonomie. Szczecin is saam met Kamień Pomorski (Duits: Cammin) die setel van die Rooms-Katolieke aartsbisdom Szczecin-Kamień.

Szczecin se historiese stadskern het 'n ryk historiese boukuns-erfenis, waaronder die gotiese Jakobikerk (14de tot 16de eeu), die Johanneskerk (14de eeu), die Pieter-en-Pauluskerk (14de eeu), die Raadsaal (omstreeks 1420), 'n aantal stadspoorte en die Pommerse hertoë se 16de-eeuse kasteel wat in die Renaissance-styl gebou is.

Sport duimnael|links|Stadstadion MKS "Pogoń Szczecin" Arkonia Szczecin OŚ AZS Szczecin AZS Szczecin Pogoń 04 Szczecin Morze Bałtyk Szczecin Piast Szczecin Jacht Klub AZS Szczecin Yacht Klub Polski Szczecin Aeroklub Szczeciński Zachodniopomorska Husaria

Demografie

Susterstede Bari, Italië Bremerhaven, Duitsland Dalian, Volksrepubliek China Dnipro, Oekraïne Esbjerg, Denemarke Berlin Friedrichshain-Kreuzberg, Duitsland Greifswald, Duitsland Jinan, Volksrepubliek China Kingston upon Hull, Verenigde Koninkryk Klaipėda, Litaue Lübeck, Duitsland Malmö, Swede Moermansk, Rusland Rostock, Duitsland St. Louis, Verenigde State

Verwysings

Eksterne skakels

Szczecin se amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Pole Kategorie:Nedersettings langs die Oossee