'n Mantra (Devanāgarī मन्त्र) is 'n heilige uitlating of teks (klank, lettergreep, woord of vers) in Hindoeïsme, Djainisme en Boeddhisme wat gesien word as beskikkend oor mistieke en geestelike krag.Oxford English DictionaryEncyclopædia Britannica® Online, mantra Buddhism and Hinduism, besoek op 12 April 2009 Mantra's word gedreunsing, hardop opgesê, of saggies gebid of net gedink, dikwels op ritme van die asemhaling.Nicol, Willem 1989. Stem in die stilte. Pretoria: Orion Mantraśāstra, die gebruik van mantra's, neem 'n soortgelyke (alhoewel nie identiese) plek in as gebed in die Weste. Anders as gebede is mantra's onpersoonlik en wissel gebruik van geestelike tot praktiese doeleindes.Mantra, deur Harvey P. Alper, Uitgegee deur SUNY Press, 1989, , , 343 bladsyeExplaining mantras: ritual, rhetoric, and the dream of a natural language in Hindu tantra, deur Robert A. Yelle, Uitgawe: Geïllustreerde, Uitgegee deur Routledge, 2003, , , 187 bladsye Mantra's word herhaal of geïnkanteer met die doel om die verstand op 'n geestelike idee te fokus en die dwaling van gedagtes te verhoed, en om die verstand teen afleiding na aardse, instinktiewe of negatiewe gedagtes te beskerm.Die gebruik van meditasie en visualisering in pastorale terapie met tipiese probleme van die vroeë volwassene (student), deur Anna Magretha Susanna Heymans, PhD-proefskrif, Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat, Mei 2008Levey, Joel & Michelle 2003. The fine arts of relaxation, concentration, and meditation: Ancient skills for modern minds. Boston: Wisdom PublicationsVan der Merwe, Arien 2004. Stresstrategie: Verstaan en bestuur jou stres vir ’n gebalanseerde, energieke lewe. Kaapstad: Tafelberg
Verwysings