Die langblaarboegoe (Agathosma crenulata) is 'n struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap vanaf Tulbagh tot by die Kleinrivierberge voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 6400 km². Die spesie is gesog vir sy olie en was gesoek deur versamelaars; dit word tans beskerm deur wetgewing. Die spesie is deel van die fynbos.
Die plant staan ook bekend as die asynboegoe, bergboegoe, bosboegoe, fonteinboegoe, olifantsboegoe, ovaalblaarboegoe, regteboegoe en rivierboegoe.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
crenulata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika