Die hottentotsboegoe (Agathosma gonaquensis) is 'n klein of 'n groot struik wat deel van die Rutaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Oos-Kaap vanaf Uitenhage tot by Gqeberha voor. Die plant het 'n groot gedeelte van sy habitat afgestaan aan stedelike ontwikkeling en daar is tans net twee bevolkings van ses oor wat bedreig word deur indringerplante. Gevolglik is die spesie se voorkomsgebied net 100 km² groot. Die spesie is deel van die fynbos.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
gonaquensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika